Talle diere loop op vrye voet in Tbilisi in Georgië nadat gedeeltes van die dieretuin tydens vloede verwoes is.
Verskeie diere, waaronder ses tiere, ses leeus en agt bere het uit hul hokke ontsnap. Die polisie het reeds ʼn paar diere doodgeskiet uit vrees vir die inwoners se veiligheid. Ses wolwe is buite ʼn kinderhospitaal doodgeskiet, volgens die uitsaaier Rustavi 2.
Minstens agt mense is dood in die vloede. Pres. Giorgi Margvelashvili het sy meegevoel betuig met die slagoffers en onderneem dat die opbouingsproses vinnig sal begin.
Die regering het ʼn krisissentrum gevestig. Alhoewel die donderstorms van die afgelope paar dae opgeklaar het, maan die ministerie van binnelandse sake persone om steeds binnenshuis te bly.
Wie het hierdie diere in hokke gesit? Nou word hulle doodgeskiet? Dis uiters swak hantering van wilde diere. Hulle kon tydelik in ander skerms geplaas gewees het as daar n wil was…..jammerlik.
“Georgia” = “Georgië” in Afrikaans.
Dagsê Peet,
Dankie! Dit was inderdaad ‘n oorsig. Ons het die berig gewysig.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Suné, ook die onderskrif by die foto . . .
(Die beste stuurman . . . )
Diere hoort in die natuur. Ek verafsku dieretuine – en haat sirkusse met ‘wilde’ diere. Soms moet diere ongelukkig gehelp of gered word. Daardie mense het ‘n passie vir dit – en ek loof hulle – maar die ander hoort agter tralies
Mense walg my! Om daardie onskuldige diere dood te skiet? Mensdom is pateties! Kon hulle nie maar instansies soos Four Paws ingeroep het om die diere te red nie? Maar nee, wat is ‘n dier se lewe werd?