Frankryk verleng ‘Covid-19-pas’ ondanks betogings

(Foto: STEPHANE DE SAKUTIN/AFP)

Frankryk het Maandag begin om ’n sogenaamde Covid-19-pas af te dwing in kafees, restaurante en treine te midde van voortslepende betogings.

Frankryk hoop om met die Covid-19-pas mense aan te moedig om teen Covid-19 ingeënt te word. Nagenoeg ’n kwartmiljoen mense het egter Saterdag landwyd bymekaargekom teen die verlenging van die pas.

Die pas word met ’n QR-kode gegenereer wanneer ’n persoon volledig ingeënt is, of deur ’n onlangse negatiewe virustoets of na herstel van Covid-19.

Emmanuel Macron, president van Frankryk, hoop dit sal daartoe lei dat die land se inentingsprogram momentum optel. Meer as 55% van Frankryk se bevolking is reeds volledig ingeënt.

Macron het in ’n onderhoud met die Paris Match geen geheim van sy frustrasie met die betogers gemaak nie. Hy het hulle beskryf as “enkele tienduisende burgers wat in so ’n mate hul sinne verloor het dat hulle sê dat hulle in ’n diktatuur leef”.

Die aantal hospitaalopnames weens Covid-19 in Frankryk is nog ver van die vorige hoogtepunte, maar volgens die regering is die land in ’n vierde golf van die virus.

Onlangse peilings toon dat ’n duidelike meerderheid van Franse die pas ondersteun, selfs die uitbreiding daarvan om kafees en restaurante te besoek.

Die pas word reeds sedert 21 Julie benodig om plekke soos teaters, rolprentteaters en museums te besoek. Die verlenging daarvan is Donderdag deur die Franse Konstitusionele Raad goedgekeur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Trotse Boervrou ·

Die enigste mense wat hul sinne verloor het is Macron en sy volgelinge. Kom ons kyk hoe dwing hul hierdie af in Suid-Afrika waar baie mense, en let wel, alle rasse, hul reg uitoefen om nie proefkonyne te wees nie.

Boerkind ·

Stem saam… maar onder hierdie ANC regering sal dit kom….

KB ·

Korrek, maar:
Moenie van Biden, Trudeau, Merkel en kie vergeet nie!

Thom ·

Jy was reeds ‘n gewillige proefkonyn met die polio-program __ net toe het jy en jou maatjies nie ‘n sê gehad nie .

Eddie ·

Die meeste in SA verkies om ingeënt te word, gaan kyk maar hoeveel het reeds registreer en wil dit ontvang. Hierdie “proefkonyn”, my vrou en my hele familie is reeds ingeënt sonder enige newe-effekte soos honderde miljoene ander reeds wêreldoor.

Joe Olivier ·

Wat sê die bleeding heart liberals? Daar is mos nou geen verskil tussen die pas en die pas wat destyds in SA gedra was nie. Dit onderskei mense van mekaar op sekere gronde.

piet ·

Groot verskil. Hier onderskei dit tussen die ongehoorsames wat ‘n gevaar inhou vir die hele bevolking met hul non-compliance en die gehoorsames wat die belang van die hele bevolking hoog ag.

Joe Olivier ·

Joseph Goebbels het destyds gesê,” as jy aanhou om ‘n leuen te vertel, dan glo die mense jou later”. Lyk my jy is klaar in daardie slagyster gevang, Piet.

KB ·

‘n Paar dinge is wêreldwyd duidelik:

1. Dat die publiek nie oortuig is deur die beloofde effek vd (eksperimentele!) entstof nie, en dus betoog omdat hulle opinie nie gerespekteer word deur hul leiers nie.

2. Dat politici hul eie denke op volkere wil af-forseer, met gevolglike opstande/teenstand.

3. Dat liberale regerings (VSA, Frankryk, Kanada, ens.) die eerstes is om mensregte (wat deur liberale regerings ingestel is/voorgehou word!) te skend, deur ‘n verbod (of meer) op basiese regte te plaas.

piet ·

Kleinboet – hier gaan dit oor die belande van die gemeenskap as ‘n geheel of jy nou daarvan hou of nie. Punt 1 – ‘n Minderheid se sienings moet nou die hele hond swaai? Belaglik, dit sal die dag wees. Punt 2 – Nie net hulle eie nie maar ook die van die meerderheid van die bevolking, dis demokrasie in werking. Punt 3 – Dis nie ‘n skending nie, dit word in belang van die gemeenskap in sy geheel gedoen. Gemeenskaplike belang dra groter gewig as individuele belang, regte of wat jy dit ookal wil noem.

Dirk Mostert ·

Waarom is daar tegelyk deur alle regerings wette aangeneem om vervaardigers van entstowwe te vrywaar van vervolging en eise, as die ongetoetse entstowwe dan so veilig is? Lees oor Johnson & Johnson en die Opioid-epidemie en die multi-biljoen dollar skikking.

Fritz ·

Die Franse betoog te ordentlik, dis hoekom niemand luister nie. As jy gehoor wil word, maak soos by ons en keer die wêreld onderstebo.

Elinette ·

Soooooooo ……….. Fritz, jy keur seker dan die “Free-Zuma-betogings” van so ‘n paar weke gelede goed????????

Fritz ·

n Dom vraag verdien seker n dom antwoord. Ja, ek keur die onluste goed.

piet ·

Jy’s oukei as jy volledig ingeent is, of herstel het van Covid, of as jy negatief toets. Sien niks fout daarmee nie. So as jy nou ‘n anti-vax Jantjie is wat nog nie Covid gehad het nie, moet jy net gaan vir ‘n toets wat negatief moet wees. Baie billik in my opinie.

Elinette ·

Piet, het jy vir my die sowat R950.00 wat dit kos vir ‘n negatiewe COVid-19 toets? Want ek het dit vir seker nie. Lewenskoste laat dit nie toe nie. En buitendien, jy toets vandág negatief, môre doen jy die virus op … ten spyte daarvan dat jy die ‘vaksine’ ontvang het (want dit VERHOED nie dat jy die virus opdoen nie, dit maak jou net meer weerbaar daarteen) …. en wat dan????????????

piet ·

Dit is wat julle nie in julle koppe kan inkry nie. Dit gaan oor risiko en as jy ingeent is verlaag die risiko om die virus te kry en ook in ‘n mindere ernstige graad te kry. Nou in Frankryk besef die regering dit en as jy nie wil comply nie is daar gevolge soos dat jy dan eers moet gaan toets want jy val mos nou in die hoer risiko groep. Gaan na jou plaaslike kliniek dat hulle jou verniet kan toets en hou op moan. Doen ‘n bietjie moeite, ek weet in ‘n ry gaan staan of wag, is vir party mense moeite maar nogtans.

Joe Olivier ·

Piet, jy praat uit onkunde. Ek het aangesteek by iemand wat ten volle ingeent was toe hy aangesteek is. Die persoon het dit erger gehad as ek. Ek bou maar liewer natuurlik immuniteit op dankie.

piet ·

So ten spyte van wetenskaplike bewyse en statistieke dat inentings jou RISIKO verminder, reken jy dis beter om nie ingeent te word nie? Praat van onkunde. So terloops – ek glo jou nie maar as dit so is dat jy wel covid gehad het, is dit nie nodig om in te ent nie alhoewel daar wetenskaplike bewerings (weet nie of dit al bewys is nie) is dat die mRNA inenting jou meer gaan beskerm teen variante van die virus as “natuurlike immuniteit” verkry sonder inentings.

Joe Olivier ·

My magtag Pietie, daar trek jy nou my +uitslag in twyfel. Het jy nie vertroue in die toetse nie of weet jy iets wat ek nie weet nie?

MakersMark ·

Doen bietjie meer leerwerk en maak ingeligde aanmerkings ipv leke brabbel. Vaksienes sal nie 100% infeksies verhoed nie en is nie ontwerp as sulks nie. Dit is eerder veronderstel om > 90% beskerming te gee teen erge infeksie en hospitalisasie en 100% teen afsterwe in gesonde individue agv CV19. Daar is reeds 8 bn inentings toegedien. Die effektiwiteit neem af soos meeste vaksienes daarom sal daar “booster shots” wees in die toekoms. Baie soos sommige inentings as kind drievkeet herhaal moes word. Sameswerings teorieë oor ” “dna herprogramering” is middeleeuse interpretasie van biochemiese prosesse wat elke dag in die menslike liggaam plaasvind. So todat jy kan saampraat mbt tot biochemie bly ek op my perd.

Elinette ·

‘n Diktatuur???? Is dit nie meer van ‘n diktatuur om mense te dwing om “passe” te dra gegrond op hul COVid-19-status nie?

piet ·

Nee, dis in landsbelang dat mense moet “comply” met reels en regulasies. Soos dat jy jou betuurderslisensie by jou moet he. Is dit diktatuur?

Trotse Boervrou ·

Dit is in “landsbelang” dat entstowwe nagevors moet word en dat die langtermyn newe-effekte bepaal moet word alvorens mense ingeënt word soos wat reëls en regulasies bepaal.

MakersMark ·

Meeste weet nie eers wat dit beteken nie Koos maar hul stry want die mechanic by die garage se niggie se man het CV19 gekry na sy inenting.

piet ·

Entstowwe is nie nagevors nie? Hoe lank moet ons wag voor langtermyn newe-effekte onwaarskynlik na vore gaan kom. So 50 jaar genoeg wees want 18maande het al verloop sedert sommige mense die entstof ontvang het? Slaan my plat met ‘n pap snoek. Ongelooflik.

Trotse Boervrou ·

Die ontdekkingstadium van nuwe entstowwe is 2-4 jaar. Die volledige navorsing daarvan neem 10-15 jaar. Ongelooflik né Piet?

piet ·

So jy wil minstens 15 jaar wag en nog so ‘n paar miljoen sterftes beleef. En dit traak jou ook nie dat biljoene mense al ingeent is sonder probleme nie en ook nie dat wetenskaplikes se dat mede-effekte as gevolg van die inenting binne 7 dae sal presenteer nie.. Oukei, kry vir jou. Ek gaan met die beste beskikbare wetenskaplike inligting tans want dis ‘n krisis en ek wil nie onnodiglik doodgaan as gevolg van hardkoppigheid of rompslomp nie.

MakersMark ·

Dink Mark Twain se aanmerking was “do not argue with idiots they will drag you down to their level and beat you with experience”.

piet ·

En ook – Covid is nie nie nuut nie, dit word al vir dekades nagevors. Dis juis hierdie voorafverkree navorsing wat daartoe gelei het dat vaksienes so vinng vervaardig kon word. Let ook daarop dat dit net die mRNA vaksienes is wat eintlik “nuut” is alhoewel dit ook al vir jare nagevors word en dat mRNA tegnologie al lank gebruik word vir die behandeling van byvoorbeeld kankerpasiente om hul immuniteit te versterk. Die ander Covid vaksienes is niks nuuts nie, dit word op die tradisionele manier vervaardig.

MakersMark ·

So stel jy voor ons hou inperkings vir 15 jaar terwyl nog navorsing gedoen word op iets wat reeds werk? Dis nie in 2021 dieselfde as in 1796 toe Edward Jenner die eerste inenting gedoen het nie. Daar is oor die eeue inentings ontwikkel vir baie siektes, Ebola en algemene griep ingesluit, waarvan tegnologie gebruik is om van die CV19 entstowwe huidiglik te ontwerp. Daar bestaan bloudrukke. Dis waarom die CV19 vaksienes so vinnig ontwikkel kon word.

MakersMark ·

Hoe vinniger die konsep wêreldwyd insluitende SA uitgerol word hoe beter.

piet ·

Absoluut, die ongehoorsame skapies moet op hok gesit word. Regstellende gedragsterapie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.