Emmerson Mnangagwa, president van Zimbabwe, het wit Zimbabwiërs verseker dat daar geen verdere grondgrype onder sy administrasie in dié Afrika-land sal plaasvind nie.
“Grondgrype is iets van die verlede,” het hy aan die wit gemeenskap by die Borrowdale-renbaan in Harare gesê as deel van sy veldtog in aanloop tot die verkiesing op 30 Julie. “Ons is dankbaar teenoor die wit boere wat in Zimbabwe aangebly het en julle moet ook 99 jaar-huurkontrake gegee word,” het hy gesê.
Mnangagwa, wat aan bewind gekom het nadat sy voorganger, Robert Mugabe, deur ʼn militêre staatsgreep gedwing is om te bedank, bied homself as ʼn hervormer aan en beloof gelykheid aan alle Zimbabwiërs. “Almal is gelyk. As my adjunk [Constantino] Chiwenga of selfs ek ʼn plaas het wat te groot is in terme van kapasiteit vir benutting, sal dit afgeskaal word,” het hy gesê.
“Al wat ek sê is dat almal gelyk is. Solank as wat hy of sy patrioties is en deelneem aan die nasiebou-proses. Geen persoon moet net wag om die koek te eet nie, maar almal moet deelneem aan die proses om die koek te bak.”
Mnangagwa het onderneem om ʼn einde te bring aan plaasonteienings en het gesê hy het gesien hoe senior regeringsbeamptes “beslag lê op ʼn produktiewe plaas, dit in die grond in bedryf en dan na ʼn volgende plaas gaan en dieselfde doen”.
“Kom ek sê julle nou, daardie tyd is verby,” het hy gesê.
Hy het by die wit gemeenskap van Zimbabwe gepleit om die regering te help om die land weer op te bou nadat die land oor die jare ekonomies heeltemal ineengestort het. “Ek het Donderdag ʼn hospitaal geopen wat deur die Zimplats-myn opgeknap is. As hulle gewag het vir die regering, sou hulle nie gewees het waar hulle nou is nie. Kom ons boots Zimplats na.”
Mnangagwa het Zimbabwiërs verder verseker dat die regering meer inklusief sal wees en dat rassediskriminasie by die departement van binnelandse sake, waar die kode “00” tans gebruik word om wit mense, mense van gemengde ras of Indiërs te klassifiseer, stopgesit sal word.
Wil dit nog eers sien. Vra my broer Jack …
Ek ken dié een as:
Vra my broer, Frik,
hy lieg nes Ik!
Die grond is nog steeds nie die boere sin nie. Dit behoort aan die staat en die boere huur, moontlik nou hulle eie grond by die staat vir 99jaar.
Ek dink dis waarheen die ANC mik – nog meer inkomste uit huurgeld.
Kan ONS daardie stelling GLO ! Net tot alles weer MOOI opgebou is, dan GRYP hulle dit weer ! Die bak-hand-staan-AFRIKA-kultuur ! You-could- have-fooled-us Mnr. Tydelike President ! GOD IS IN BEHEER
Make Africa hungry again
Talk is cheap. Ons sal maar wag en sien tot na na die verkiesings- euforie of al die mooi praatjies en beloftes gaan realiseer.
Dit beteken dat grond geen besitwaarde meer sal hê nie maar dalk n huurpagwaarde. Dit kom dus daarop neer dat alle grond in ZIM aan die staat behoort.
Hierdie is n Afrika verskynsel.
Jakkals en Wolf stories! Nou dat als op die grond afgebreek, gebrand en geplunder is, is die witvel weer skielik welkom? Nou is ons weer goed genoeg om te boer…? Of eerder die massas voer !
Uhmmmm????
Daar is nie meer grond om te gryp nie,al die plase wat gevat is is in elk geval heeltemal in sy maai in
Hier is ‘n raaisel vir Afrika leiers… Kyk mense beter na iets wat hulle self besit of iets wat hulle huur? Mens sou dink die antwoord is redelik voor die hand liggend ?
Indien daardie ding wat hul huur, hul bron van inkomste is, dink ek mense sal nogal mooi daarna kyk, of hoe?
Wonder of ou Cyril en daai lee raasblik, Julius, hierdie artikel gelees het. Wonder maar net.
Net tot n ander ou weer inkom en almal uitjaag.
Uiteindelik iemand wat begin wakker word en verstaan waar n land se ekonomie vandaan kom in Afrika. Slegs wit mense sal dit kan reg kry vir enige land. Gee daai man maar n ” Bells” !!!!
Stem Saam….Kan hy nie maar “ONS” president ook kom wakker maak nie……….
Nee wat druk maar jou grond want die oomblik as dit weer iets is begin julle met probleme !
Daar is niks meer in Zimbabwe nie. Selfs nie eens grondgrype nie. Nou sal die laaste boere van Zim seker ook na Suid Afrika emigreer want hier is ook nie veel meer nie maar darem nog grondgrype.
Daar is niks meer oor nie als opgevreet en verwoes selfde as wat in suid afkrika aangaan nou.Nou noet dit Wit mense weer opbou.en as als reg is breek julle net weer af.Zim en SA is siek
Jy was deel van Robert Mubabe.julle.almal het plase gevat.Jy is n President van niks meer oor nie.jou moet die.Wit mense als gaan regmaak.siek
30% Matriek, Kobus ?
30%? Is jy verspot? Gee hom ‘n minus want hy dink Mngangwa (of so iets) lees hier en verstaan Afrikaans.
Nuwe Wêreld Orde in Afrika
Breek af en bou weer op .
VN – Agenda 2030
Lees:
http://sacsis.org.za/site/article/1778
Amerikaanse Weermag in Afrika
https://www.devex.com/news/germany-s-marshall-plan-with-africa-90152
The Marshall Plan was an American initiative to aid Western Europe, in which the United States gave over $13 billion in economic assistance to help rebuild Western European economies after the end of World War II.
Wikipedia.
Hoop die legkaart pas.
Hier sal grondgrype van wit boere se plase ook nie plaasvind nie, dit sal nie geduld word nie, neem kennis.
Vat so!!
Ja…Ja…Ja…tot na die verkiesing…!
Dingaan het ook beloftes gemaak.
Hy gani vi ewig aan bewind wees ni en dan . Moet op prinse nie vertrou ni
Wat sal daar nog oor wees om te gryp of om uit te deel? Geen wonder 15K boere is op pad na Rusland. Hulle weet goed dat hier binnekort niks meer vir hulle oor is nie.
Mensdom maar meeste mense is so krities negatief. Hoe moet mens voort bou met negatiewiteid wat in ALLES gesien word! Gee die mense n kans. Wat is daar om verder te verloor? Maak nie saak vir WIE mens WAAR stem nie, die uiteinde is die negatiewe gesindheid wat bly groei en broei in elke liewe aspek van die samelewing wat aangeroer word. Nee nee, die vooruitsigte lyk oral maar bleek maar ons elkeen het die keuse om dit te benut ter aanwins van ons oorlewing, positiewe denke en woorde sal meer mense moed gee om aan te hou veg.
@Sue, jy kan jouself nie inkink in die skoene van boere wat hulle hele lewe, inkomste, loopbaan verloor het nie, dit is erg glo my. Verder, daar is baie plekke in die wereld waar dit baie goed gaan, waar eiendomsreg beskerm word en moorde uiters raar is. Toe toer bietjie en verbreed jou horisonne.
Ek weet dit sal oor oorlewing gaan dat daar enkele wit boere steeds hul heil in Zim sal soek. Ek stem egter saam dat hul huidige president aandadig was aan die grypery en dat net ‘n dwaas die beloftes sal glo en die situasie sal vertrou. Aanvanklik het hul kamtig jou plaas verklein tot iets soos 400 of 450 ha en kon jy daar aanhou boer. Die res is deur “besetters” ingeneem, en die boere moes hul leer en help boer. Baie gou is jy tog ook van jou stukkie grond afgegooi. Nee dankie, sê die gansie!
Kom ons gaan kyk na 5 jaar na die nuut opgeknapte hospitaal en dan besluit ons. Vir die nuwe boere moet daar immers mediese dienste wees.
99 jaar huur.. hy is blind…. daai boere sit nog met die titel aktes tjom so dit behoort nie aan die staat nie, as jy iet wil doen gee hulle die grond terug wat wetlik aan hulle behoort.