Gesin van Zim-plaas verdryf: ‘Dit was vreesaanjaend’

Daar is inderhaas opgepak want die grondbesetters wou intrek.

Grondbesetters het die afgelope week nog ʼn Zimbabwiese boer en sy gesin van hulle huur-eiendom in Marondera in Mashonaland-Oos verdryf. Dit is die derde sodanige voorval wat die afgelope drie weke in Marondera plaasgevind het.

Die Meikle-gesin is geteiken deur ene mev. Mashonganyika, glo die assistentkommissaris van die polisie se vrou, wat saam met ʼn groep van haar ondersteuners toegang tot die eiendom verkry het.

Marondera is sowat 72 km van Harare af en die Meikles het die 80 ha-hoewe die afgelope 18 maande gehuur terwyl hulle ʼn tuinbouprojek op ʼn naburige plaas bedryf. Die multimiljoendollar-projek verskaf werk aan ʼn groot aantal mense en kweek produkte vir die uitvoermark.

In ʼn duidelik gespanne stemboodskap aan familie en vriende sê Elysia Meikle (39) dat verteenwoordigers van die departement van grond verlede Dinsdag by hulle huis op die Little Court-eiendom opgedaag het.

Daar is inderhaas opgepak want die grondbesetters wou intrek.

Die Meikles was nie tuis nie, maar is telefonies meegedeel dat die grond aan Mashonganyika toegeken en reeds in die staatskoerant afgekondig is.

Meikle se man, Bruce (43), is die volgende dag na die departement se kantore, maar dié kon geen bewys verskaf dat die plaas wel aan Mashonganyika gegee is nie. ʼn Vergadering is toe vir die einde van verlede week met Mashonganyika gereël.

By die Meikles se huis het sy egter geweier om uit haar voertuig te klim totdat ʼn groep oproeriges by haar aangesluit het. Hulle het geëis om op die eiendom te oornag en het die Meikles beveel om onmiddellik op te pak en die huis te verlaat.

Daar is inderhaas opgepak want die grondbesetters wou intrek.

Teen donker was die situasie erg gespanne en Meikle sê sy het met haar drie kinders, van wie een nog ʼn baba is, in die huis gaan skuil terwyl haar man steeds met die groep probeer onderhandel het.

Inwoners van plase in die omgewing het intussen by die hoofpad begin saamdrom van waar hulle die situasie dopgehou het.

Die polisie het teen 22:30 opgedaag, maar gesê die saak is “polities” en hulle kan niks daaromtrent doen nie.

“Ek het toe besluit om my twee seuns, Alex en Samuel, na veiligheid te stuur en hulle het saam met een van ons werkers deur ʼn agterdeur ontsnap en na die groep by die hoofpad gehardloop. Ek het met die baba, Olivia, wat net ses maande oud is, agtergebly,” vertel Meikle oor die moeilike keuse wat sy moes maak.

Die Meikle’s se meubels word nou by vriende en familie in die omgewing gestoor.

Die indringers het die hele nag dreigend in die tuin gebly en teen ligdag die volgende oggend het die Meikles begin om hulle besittings weg te ry terwyl Mashonganyika en haar groep toegekyk het.

“Dit was vreesaanjaend en traumaties, maar ons kyk vorentoe,” sê ʼn emosionele Meikle aan die einde van die boodskap waarin sy die Marondera-gemeenskap vir hulle ondersteuning bedank.

Die gesin bly nou by familie, maar het intussen alle kommunikasie verbreek nadat die Zimbabwiese regering glo woedend reageer het op die stemboodskap en die slegte publisiteit wat daarop gevolg het.

Die Meikle’s se meubels word nou by vriende en familie in die omgewing gestoor.

Maroela Media kon wel daarin slaag om die Meikles in Zimbabwe op te spoor. “Ons is uitgeput en steeds getraumatiseer,” sê Elysia Meikle. “Ons probeer sin maak van ons omstandighede en voel ontwortel met dié dat ons meubels oral in familie se tuine rondstaan. Ons vat dinge nou dag vir dag.”

Oor haar seuns van agt en 11 jaar sê sy dat hulle verward en angstig is, maar sy en haar man probeer hulle kalm hou en steeds ʼn stabiele omgewing skep.

Die Meikle’s se meubels word nou by vriende en familie in die omgewing gestoor.

Die gesin gaan vir eers in Zimbabwe aanbly en met hulle onderneming voortgaan. “Maar as dinge nie regkom en endkry wat met ons gebeur het nie, gaan ons oppak en ons kundigheid saam met ons neem.”

Hulle het voorheen jare lank in Zambië gewoon waar Bruce, ʼn landbou-ingenieur, vir die grootste suikermeule in Afrika gewerk het.

Ben Purcell-Gilpin, die president en hoof- uitvoerende beampte van die Commercial Farmers Union, sê in ʼn boodskap dat hy moeg is daarvoor dat mense voel hulle is geregtig om grond te vat asof dit hulle toekom.

“Dit het ons land se inwoners gebreek en ondermyn Zimbabwe se herstel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

MJ ·

bog man Legens…waar kom jy daaraan?….seker weer in die Scientologist Weekly gelees. Onse Vader sal intree op sy tyd en plek!

Gaitsigubib ·

Ja Werner sowaar, jy haal die woorde uit my mond uit. Legens moet net versigtig wees want hy het dalk self baie om te verloor. Almal betaal die prys vir so ‘n regering se vergrype.

Oor my dooie liggaam ·

Daar sal nie net opgegee word nie. Bly weg van my.

Andreas ·

Nee wat….drank, rugby en naweke hou almal hier in ‘n gesellige gemaksone. Fatalisties-passief, want dit is ander mense se moeilikheid. Kom ons drink!

Peper ·

Eendag sal ons leer dat jy nie Afrika kan vertrou nie… En eendag sal Afrika leer wat basiese menslike maniere is…

boerseun ·

Nope, daai maniere is n westerse konsep ontwerp vir n spesifieke samelewing

Anoniem ·

Dit is begin deur Mugabe en sal telkemale herhaal word ! Vertrou niemand, nêrens nie

Devil ·

En hulle wil ‘n nasionale vakansie dag hou teen die sankies wat teen hulle ingestel is??
Afrika ai ai ai Afrika!

Hartseer ·

Ons SA toekyk na Zim-plase maar ons land SA is die volgende. Bid!

Gemaskerde Sopbeen ·

Bid? Bid vir wat? Vir beskerming teen ‘n situasie wat jyself voor verantwoordelik is? Gaan lees hoe lank Nehemia oor die muur van Jerusalem gebid het….en NIKS het gebeur nie TOT hy opgestaan het en gaan DOEN het waarvoor hy gebid het. Solank blanke Suid Afrikaners wat so graag alles wil REG bid, nie hierdie konsep verstaan nie, is hulle in vir ‘n groot verrassing….

henk ·

Dis net verskriklik mense wat produktie fis word weggejaag soos ‘n brandsiek hond. Nee daar is geen keer nie, Die huidige regerings in ZIM en SA e sal nie ophou voor al die wittes weg is of doodgemaak is nie. WORD WAKKER MENSE!!!

Eish ·

Het Zimbabwe nog nie geleer nie. HJulle kom alreeds om van honger.

Helga ·

Die bar grond word met Baie moeite en vernuf n werkbare plaas gemaak. Dit word deur onkundiges in beslag geneem, tot niks verniel. Die Boer kom terug, bou weer op en weer kom die vernielsugtige Om te plunder.

Karl ·

En dan moet ek jammer voel as hulle wys hoe die mense vrek van hongerte??? Nee wat, julle het jul bed gemaak.

Lee ·

Ja nee kyk en hulle nuwe President na Mugabe het nogal gesê hy wil graag die wit boere terug hê. Wat ‘n grap!! Ek sal nie daar boer om daai land te help nie. Ons het ook familie wat jare terug net nodigste goed gepak en SA toe gekom het. Zimbabwe kan maar self sien en kom klaar.

Bloudrom ·

Hulle moes nie SA toe gekom het nie. Net so n treurige land.

sweis ·

Sa se voorland alles dui daarop,hoe gouer ons n tuisland kry waar mense heen kan vlug as hulle soos hierdie arme mense net eenvoudig uit hulle huis gehaal word en geen beskerming van die polisie kry nie hoe beter,ek hoop net die klomp DA stemmers se oë gaan oop en begin die VF+ ondersteun sodat Dr Groenewald die onderhandeling kan begin.

Kallie ·

Pieter stel nie belang om die proses te begin nie. Hy kon dit al 25 jaar gelede begin het. Die rede? Die lewe is al te lekker in die Kaap.

Wingman ·

Jy is reg Kallie. Indien Afrikaners in hul honderde duisende vir die VF+ stem het die doktor ‘n groot probleem om aan hul verwagtinge te voldoen.

Hasie ·

Henk, ek het nou wakker geword, wat moet ek nou doen. Jy staan voor die wreedheid van daardie mense en het geen keuse as om te vlug nie. Nou wat nou??

Johan ·

Zimbabwe is destroying itself – no work , no food , no economy , no currency , no ……..

EKKE ·

Ja meneer Ben, die president. Dit help nie jy praat net, en doen niks omtrent die situasie nie!! Ons dink in ons gebede aan die gesin, en vele ander wat in dieselfde situasie is.

Christien vd Westhuizen ·

Die EG Kerk het reeds vandag n dag van verootmoediging agv al hierdie dinge wat in die wereld aangaan en die droogte ons het met ander volke te doen wat absoluut niks omgee en niks bo kant die nek en tussen die ore het nie Vader wees ons genadig in Jesus naam

Blikke ·

Ek dink elke dag behoort n dag van verootmoediging te wees…..nie net partykeer wanneer daar krisis is nie….se maar net….GOD is nie n spaarwiel nie!!!

koos ·

Net nadat Zim se nuwe president ingehuldig is, praat ek met ‘n Zimbabwe man, wat my mee deel dat die ou erger is as Mugabe en dat sy land nog dieper gaan val.

Cheryl ·

Ek het dit ook gehoor, hulle se hy is baie erger as Mugabe, skrikwekkend as mens dink hoe erg Mugabe was

Bess ·

En onthou trump en al die westerse regerings ondersteun hierdie nuwe president nes hulle al die tyd vir mugabe ondersteun het…word wakker mense

JohanR ·

Maak julle maar reg Suid Afrika boere. As hulle sien hulle kan die boere nie van die land af moor nie, dan sal hulle begin met die nonsens! Die polisie sal staan en toekyk solank dit ‘n wit boer is.

Jandre ·

Ek verheug my op Dag van Spektakel, wanneer ons Koning, terug kom. Dan sal Geregtigheid in al Sy Glorie, seevier. Met alles hier en nou, bind ek my nie meer nie. Laat my voetspore, deur die wind, weg waai. Want my oe is gerig, op die Koningkryk, diep binne my. Jy hoef nie volgens hierdie wereld, aan te pas, of in te pas nie.

Sonja ·

Ek was geskok toe boere terug gaan nadat hulle gesmeek was. Geen simpatie, jy kan hierdie mense nie vertrou! Los hulle laat hulle vergaan vd honger, hulle leer niks. Dis hoekom geen land hulle wil help met geld nie.

Elsabie ·

Ek sal liewer my gevreet toe hou. Ek mag dalk in die tronk beland.

Feite ·

Die polisie se hulle kan niks doen nie, want dit is polities. Daardie mentaliteit en tendens onder die polisie is ook reeds in SA te bespeur. Interresante tye wat voorle met grondonteiening sonder vergoeding wat net om die draai le. Net die tyd sal leer of die SAPD se landelike veiligheidsplan wat so kort voor OSV geimplementeer word, dieselfde mentaliteit gaan openbaar, ek is redelik oortuig daarvan dat dit wel die geval gaan wees.

J ·

Dis wat julle nou al van 1980 af se. Gaan join eerder jou broer siener, 6voet onder.

Als Gesien ·

Die vat -wat-jy-wil-generasie besef nog nie jy kan nie grond eet nie! Die Zimbabwiese vlugtelinge in SA sal dalk verstaan, jy moet werk as jy iets in die lewe wil he. Ploeter voort Afrika!

Stiks ·

Tyd om hierdie Zimbabwiers te straf. Niemand asb moet hulle indiens neem nie en basta!

Winston ·

Die enigste manier is sessering om van hierdie soort “regerings” ontslae te raak. Begin voor maar ken hierdie keer jou plek en jou geskiedenis.
Stem vir VVA/ULA en begin sonder skuld n nuwe land. Voordat ALMAL daaronder ly.

Celia Tjaden ·

Hallo Christien dankie vir jou brief.
HOOR mense dit?”VEROOTMOEDIGING”
In Kimberly, Laerskool EurekAlert,het predikante saam met die skool n biddag vir reen gereel- Sondag- dis verander na n verootmoedigingsdag. Die program was baie goed, die liedere kouerillings. Gebede, Bybellees.
Ek is in die Kaap, ma my dogter in NoordKaap. Hulle t ook bokse vir boervroue gebring.
My dogter se, daar waar die droogte reg om hulle is soos n woestyn, wild en skape vrek, boor gate droog-was die opkoms verbasend min. Ook se sy, vir die min wat da was- die Hemel het gejuig oor hulle. Ma waar was die res?? Sport, rugby,drink ens.
Christien jou brief is al waarheid wat nog geld- verootmoediging.
Dankie Eg. kerk!
In n kwessie van n week moes ons hoor van boere wat selfdood kies, die Ng gay Kerk skok sluk, teleurstelling vir biddag oor ALLES in land- toe gister- berigte en fotos hoe Jesus Christus verloen word vir “kuns” ….. en ons bid vir reen en red SA?
Ons oe is oop ons is al 2 dekades wakker, ma waarvoor ons blind bly, is VEROOTMOEDIGING.
Ons is uitgelewer aan vyande omdat ons as n volk ons rug op God gedraai het.
Plaasmoorde, droogte, grondgrype, oral word ons verdruk.
Lykmy net die Eg. kerk besef dit.
Dankie.

Flippie ·

Enige iemand wat dink dat dit moontlik is dat ‘n wit mense in Afrika onder ‘n Afrika regering kan oorleef maak ‘n enorme denkfout. Witmens sal slegs in hulle eie land in Afrika oorleef. Rig weer die die Natalia Republiek op en beset dit met witmense. So eenvoudig soos dit.

aj ·

Met 2 pantservoertuie is Mugabe verwyder …. !

Wat van ‘n kits strafkommando wat die sake uitsorteer?

Niklaas ·

Ai. Wat n ontnugtering is dit nie. Almal het gedink met Mugabe vervang deur die opvolger, sal dinge daar verbeter. In SA was daar ook sulke positiewe verwagtinge toe Omie CR die dag by ons president word. Almal word gougou teleurgestel.

J J Schoeman ·

Stem 100% saam met Flippie. Ons moet ophou om werk te verskaf aan hierdie buitelanders. Ons mense is te slapgat om vir hulle te sê sorry, ons kan en gaan julle nie meer gebruik nie, vat die pad terug Zimbabwe toe!

Hoekom wil hulle in elk geval vir die gehate witman kom werk in SA?

Helga ·

Die bar grond word met Baie moeite en vernuf n werkbare plaas gemaak. Dit word deur onkundiges in beslag geneem, tot niks verniel. Die Boer kom terug, bou weer op en weer kom die vernielsugtige Om te plunder.

Bess ·

En trump en al die westerse leiers keur dit goed….nes hulle mugabe se regering vir dekades lank ondersteun het…

Bess ·

Trump en al die westerse leiers sal nie n vinger roer om blankes enige plek ter. Wereld te help nie…

Sulet ·

Hoe is dit dan moontlik dat daar nog wit boere in Zimbabwe is? Ek dog hulle is almal lank al weggejaag deur Mugabe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.