Hier is TikTok se hoogs betaalde bekendes

Addison Rae (Foto: Instagram)

Forbes het die lys van hoogs betaalde TikTok-gebruikers uitgereik. Die sosialemediaplatform TikTok is in 2016 begin, maar het sedert 2019 drasties gegroei tot een van die gewildste platforms vir sosialemediagebruikers.

Op TikTok kan gebruikers kort (maksimum 60 sekondes) video’s maak, redigeer en deel met ander gebruikers. Dit word dikwels gebruik om video’s van danspassies te deel, poetse te bak en die gek te skeer met mense.

Volgens Forbes is die 19-jarige Addison Rae die hoogs betaalde gebruiker op TikTok. Sy het ʼn geskatte $5 miljoen (sowat R88 miljoen) tussen Junie 2019 en Junie 2020 op dié platform verdien.

Rae se massiewe gevolg van 54,3 miljoen mense het haar gehelp om kontrakte met Reebok, American Eagle en Fashion Nova los te slaan. Sy het ook al video’s met bekendes soos Jason Derulo en Kourtney Kardashian opgeneem.

Die 16-jarige Charli D’Amelio is TikTok se bekendste gebruiker met 77 miljoen volgelinge. Forbes berig dat sy die tweede meeste geld op die app, met $4 miljoen (sowat R70 miljoen) in 12 maande, verdien het. D’Amelio deel graag haar danspassies en het kontrakte met ondernemings soos Hollister en Morphe Cosmetics.

Charli en Dixie D’Amelio (Foto: Instagram)

Asof dit nie genoeg is vir die D’Amelio-gesin nie, is Charli se ouer suster, Dixie D’Amelio, derde op Forbes se lys.

Die 18-jarige Dixie het aanvanklik bekend geword deur in haar suster se video’s te verskyn, maar het onlangs naam vir haarself gemaak deur haar eerste enkelsnit, “Be Happy”, in Junie bekend te stel. Die musiekvideo vir “Be Happy” is sedertdien meer as 60 miljoen keer gekyk. Dixie het sedert Junie 2019 $2,9 miljoen (sowat R51 miljoen) op TikTok verdien.

Die res van die topgebruikers lyk soos volg:

  1. Louren Gray – $2,6 miljoen
  2. Josh Richards – $1,5 miljoen
  3. Michael Le – $1,2 miljoen
  4. Spencer X – $1,2 miljoen

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Andrew ·

Goed soos tiktok en ander “platflorms” en hul sterre gaan die ons tot die volgende groot mediese deurbraak bring, soos die eerste hartoorplanting was. Die diagnose van “idiocracy”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.