ʼn Hond het Vrydag met ʼn motor in ʼn Walmart vasgery in Wayne, Wes-Virginia in Amerika.
ʼn Ooggetuie het aan WSAZ gesê sy het voor die winkel gestaan toe sy gesien het ʼn motor beweeg uit die parkeerruimte in haar rigting. Die motor het glo stadig op haar afgery gekom en sy het aanvanklik gedink die bestuurder is dalk iemand wat sy ken wat ʼn grap probeer maak.
En toe sien sy dis ʼn hond agter die stuur.
Die vrou het padgegee en die motor het in die winkel vasgery.
ʼn Tweede hond was in die passasiersitplek en kon glo ná die ongeluk boonop die venster afrol.
Die winkel het die eienaar van die motor ontbied – glo ʼn vrou in haar laat 70’s.
Die motoreienaar het gesê sy het die motor laat luier terwyl sy in die winkel ingegaan het, sodat die honde koel kan bly, en die hond moes op ʼn manier die outomatiese ratkas uit “parkeer” gehaal het.
ʼn Werknemer van die winkel het gesê die honde is nie beseer nie en daar is geringe skade aan die winkel en die motor.
Die polisie van Wayne County is ontbied.
Die eienaar kon ná die voorval met haar motor wegry.
Bron en video: WSAZ
Pragtig hierdie viervoeter verdien sy bestuurders lisensie.
Oops! kon nie mooi sien waar hy ry nie.
Ounooi, dalk nog ‘n bestuursles of twee dan is jy reg vir die lang pad!
Lieflike diertjie storie, veral dat die tannie sommer vir hulle lugreeling aan los! Ek sou my flou lag as ek dit moes sien
Ek lees eerder sulke stories as die van al die ellende en verval. Ons het genoeg van al die slegte dinge wat die mens oral oor die aardbodem aanvang teenoor sy naaste en teenoor diere. Vol punte vir jou tannie en daar kan mens darem nog jou motor laat luier, waag dit om dit hier in SA te doen!
Haha, geringe skade? Bestuur dus beter as die taxi ouens!
Ek het nou so lekker gelag …………….
Lekker lag ek nou! Dié hond is dalk een van Elon Musk se eksperimente!
“Bad doggy, BAD Doggy!!!!
Was seker ‘n Hond_a. En my hond het ook lank gelede karre gejaag. Altyd gewonder wat doen hulle as hulle die kar gevang kry.
Dit was nou n oulike storie . Ek het my slap gelag . Mooi so woef dit sal jou nonna leer om jou in die kar te los .
Te oulik! In SA was die woefe en motor binne 3 sekondes gesteel.
Lekker gelag. Ek dink die eienaar moes haar agterent afgeskrik het. En die ander een so clever, draai sommer die ruit af. Ek sal julle 2 moet fyn dop hou, want dalk kry ek geen kar onder my afdak nie. Die bendes moet julle net nie kry om te help karre steel nie. Julle outjies heeltemal te slim, en is ook bly dat niemand seer gekry het nie. Die tannie vat ook groot kans om haar voertuig aan te los, want enige ou kon met hom weg gery het. Watch mooi tannie, daai honde gaan nog meer tricks uithaal.