Hond stig per ongeluk brand in die kombuis

Die beskadigde stoof (Foto: Polizei Olpe)

ʼn Hond wat alleen gelaat is in ʼn woonstel in Duitsland, is verantwoordelik vir ʼn brand wat in die woonstel uitgebreek het.

Die polisie in Lennestadt het gesê die hond het vermoedelik die gasstoof aangeskakel en die brand veroorsaak. Nooddienste meen die brand het ontstaan toe die hond sy voorpote op die knoppe gedruk en die gasstoof aangeskakel het. Kos wat op die gasstoof was, het begin brand.

Toe die bure die rook geruik het, het hulle die brandweer ontbied.

Niemand is beseer nie, maar die woonstel is nou onbewoonbaar en die skade beloop na verwagting meer as €10 000 (sowat R196 000). Die hond is ongedeerd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

netekalleen ·

Arme hond is seker dood van die honger en het begin krap agter kos en water aan. Sies vir die mense wat hom/haar alleen gelos het

AmY ·

Is Duitsland nog ingeperk?
Dalk was daai hond net erg gefrustreerd soos ons almal maar is?

Burgermeester ·

Ek moet die artikel vir my Rekeningkunde onderwyser stuur. Hy wou my nie glo toe ek vir hom vertel dat my hond my huiswerk opgevreet het nie. As ‘n hond ‘n brand kan veroorsaak, dan kan ‘n hond jou huiswerk ook opeet. Ek is net dankbaar dat niemand in die voorval beseer is nie. Ek voel net jammer vir die mense wat nou met skade sit na die brand.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.