Japan vasgevat oor walvisjag

Foto: AP

Foto: AP

Die internasionale strafhof in Den Haag het bevind dat Japan veel meer walvisse vang as wat vir wetenskaplike navorsing benodig word, en is daarom onwettig.

Kommersiële walvisjag is in 1986 verbied, en Japan het die jaar daarna formeel “opgehou” met kommersiële vangste. Dit was egter ‘n ope geheim dat die meeste van die vleis van die honderde walvisse wat gejag is hul weg na kombuise gevind het, omdat walvisvleis in Japan as ‘n delikatesse beskou word.

Australië het Japan in 2010 by die Internasionale Strafhof verkla, en uitspraak is Maandag gelewer. Die Wêreld Natuurlewefonds (WWF) het die uitspraak verwelkom.

Japan het hom voor die uitspraak daartoe verbind om die uitspraak te respekteer.

Die hof het nou ‘n algehele verbod op walvisjag in die Suidpoolgebied geplaas, en Japan gelas om alle lisensies daarvoor terug te trek.

Die oorspronklike berig kan hier gelees word.

Bron: De Standaard

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Melissa ·

Mooi so!! Ek hoop almal wat walvisvleis en dolfynvleis eet vrek van mercury poisoning!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.