Maroela Media het Dinsdag, vir Aprilgekkedag ʼn paar tong-in-die-kies berigte gelaai. Kon jy hulle almal uitken? Ons laat die aap uit die mou in hierdie berig. Vertel ons sommer van watter artikel jy die meeste gehou het!
Lees meerAlles vir Dinsdag 1 April 2014
Video: Baba ná modderstorting gered
ʼn Ses maande oue baba is uit die puin gered ná ʼn modderstorting Oso, Seattle in Amerika getref het. Minstens 21 mense het in die modderstorting omgekom.
Busbestuurder aangerand wat glo wou werk
ʼn Man is Dinsdag in Soweto in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn busbestuurder, wat vir diens aangemeld het, aangerand het.
DA het nog bewyse teen Zuma
Die Demokratiese Alliansie gaan glo verdere bewyse aan die speaker Max Sisulu verskaf om die party se versoek, om voort te gaan met vervolging teen pres. Jacob Zuma, te steun.
Só moet boetebessies lyk
ʼn Spesifieke, gedetailleerde kleredragkode vir verkeersbeamptes is in die Wetsontwerp vir Nasionale Padverkeerswetstoepassing gepubliseer.
Vroue vas oor vulstasie-diefstal van R2 miljoen
Wilhelmina Burger (58) en Sandra Nelson (64) verskyn na verwagting Woensdag in die hof nadat hulle glo meer as R2 miljoen gesteel het toe hulle by ʼn vulstasie in Milnerton, Kaapstad, gewerk het.
Egpaar doodgeskiet terwyl hulle ry
ʼn Egpaar, albei in hul 30’s, is Dinsdag in KwaZulu-Natal doodgeskiet terwyl hulle in hul voertuig gery het.
Twee rowers vas ná skietery met polisie
Twee mans is Dinsdag in die vroeë oggendure in Johannesburg in hegtenis geneem nadat hulle in ʼn oor-en-weer-skietery met die polisie betrokke was.
Video: Amplats oorweeg sluiting van myne
Die voortslepende loonstaking in die platinummynbedryf kan tot reuse-werkverliese lei. Een van die voorste produsente, Amplats, oorweeg nou die sluiting van twee myne weens dié tien weke lange staking.
Vrystaat-bejaarde met kopskoot vermoor
Ounooi Badenhorst, ʼn 77-jarige inwoner van Smithfield in die Vrystaat, is Maandagoggend dood in haar huis gevind. Sy is in die kop geskiet.
Grootskerm: Agent 2000 is die nuwe Swartkat
Tienerliefde, ʼn geheime agent, katoeters en ʼn boelie genaamd die Laksman… Die lokprent van video van die première volg onderaan die berig.
Video: KKNK bars uit sy nate
Oudtshoorn het uit sy nate gebars toe duisende feesgangers vir die begin van die 20ste Klein-Karoo Nasionale Kunstefees na dié dorp opgeruk het.
Vermoorde Ermelo-boer se naam bekend; twee ondervra
Die vermoorde 77-jarige boer van die plaas De Emigratie, sowat 40km buite Ermelo in Mpumalanga, se naam is bekend gemaak. Die boer se liggaam is Maandagoggend in die plaashuis ontdek.
Slagoffer jaag motordief rivier in
‘n Agtienjarige motordief is dood toe hy met ʼn gesteelde voertuig in ʼn rivier beland het.
Weg met landbou-minister, sê VF+
Die Vryheidsfront Plus het Dinsdag gesê Tina Joemat-Pettersson, die minister van landbou, se uitlatings is skadelik vir landbou en sy verdien nie om ná die verkiesing weer aangestel te word nie.
Huis in LA verkoop vir meer as $100 miljoen
Die bekende Fleur de Lys-landgoed in Bell Air, Los Angeles is pas vir meer as $100 miljoen (meer as R1 miljard) verkoop.
VSA-egpaar wen lotery drie keer in een maand
Calvin en Zatera Spencer van Portsmouth, VSA,kan hul geluk nie glo nie na hulle in een maand meer as $2 miljoen in loteryspeletjies gewen het.
Bus ry jong man dood
ʼn 19-jarige voetganger is dood nadat ʼn bus hom Dinsdag in Bloubergweg in Tafelsig, Kaapstad, raakgery het.
Vinnige reaksie red ma van kaping
Vinnige reaksie van ʼn ma van drie kinders het tot gevolg gehad dat sy Vrydag ʼn kapingspoging oorleef het.
Resep: Klapper-melktert
Een van Maroela Media se lesers, Annemarie Venter, het dié maklike resep vir ‘n klapper-melktert ingestuur.