ʼn Egpaar, albei in hul 30’s, is Dinsdag in KwaZulu-Natal doodgeskiet terwyl hulle in hul voertuig gery het.
Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die skietery het omstreeks 07:45 in Verulam plaasgevind. “Die motief vir die skietery is nog nie bekend nie. Nadat daar op die egpaar geskiet is, het die bestuurder op die R614-pad beheer oor die voertuig verloor en in ʼn piesangplantasie in gery,” het Botha gesê.
Die vrou was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. “Paramedici het gespook om die man op die toneel te stabiliseer, maar hy is ook op die toneel dood verklaar.”
Die polisie ondersoek die voorval.
Lees ook:
Name bekend van egpaar wat in voertuig doodgeskiet is
Dis NAG in Suid-Afrika !
Ria daar is nie meer antwoorde vir hierdie barbaare in hierdie reenboog land like father like son
Wonder wat sal gebeur sou ons ook besluit om rond en bont te skiet ???
Jy gaan met jou gggggggggggat in die tronk sit Peter, ons is ongelukkig nie beskermde wild nie……….