Japanse man tereggestel ná massamoord

Tomohiro Kato (Foto: Twitter)

’n 39-jarige man is Dinsdag in die Japanse hoofstad tereggestel agt jaar nadat hy ter dood veroordeel is. Hy het in 2008 sewe mense om die lewe gebring.

BBC en Sky News berig Tomohiro Kato het een van die skokkendste massamoorde in Japan se onlangse geskiedenis gepleeg.

Hy was 25 toe hy met ’n tweetonvragmotor in ʼn skare voetgangers in die Akihabara-winkeldistrik ingeploeg het en die lewe van drie mense geëis het.

Hy het daarna verbygangers met ʼn dolk gesteek en só die dood van vier veroorsaak. Nog agt mense is gewond.

Die polisie het Kato op die toneel aangekeer. Hy het later tydens die verhoor sy misdade erken en gesê dat hy kwaad was vir kuberboelies.

Die misdaad het destyds groot debatte in die Japanse gemeenskap ontlok oor lukrake moorde, die invloed van die internet op die mensdom en mislukkings in geestesgesondheidsondersteuning vir jong mense. Wette oor meseienaarskap is ook in reaksie hierop aangepas.

Kato is agt jaar gelede ter dood veroordeel. Die Tokio-distrikshof wat hom in 2011 gevonnis het, het gesê sy wrede misdaad dui nie op “ʼn greintjie menslikheid nie”. Die doodstraf is in 2015 gehandhaaf nadat hy onsuksesvol was om die vonnis ter syde gestel te kry.

“Die saak is volledig in die hof aangehoor en die hof se finale beslissing was die doodvonnis. Ek het die saak met die grootste sorg moontlik oorweeg,” het Yoshihisa Furukawa, minister van justisie, tydens ʼn perskonferensie gesê.

Kato is in die Tokio-aanhoudingsentrum gehang.

Die dag toe Kato op pad was om die misdaad te pleeg, het hy sy voorneme verklaar om ʼn massamoord te pleeg.

Kato het tydens sy inhegtenisneming aan die polisie gesê dat hy na Akihabara is om mense dood te maak. “Dit het nie saak gemaak wie ek sou doodmaak nie,” het hy gesê.

Kato kom uit ʼn welgestelde huis en was op ʼn goeie hoërskool. Hy het egter sy universiteitstoelatingseksamen gedruip en daarna gesukkel om ʼn vaste werk te behou.

Tydens sy verhoor het aanklaers hom voorgehou as ʼn moeilike jong man wat verskeie kere op aanlyn forums sy woede jeens en vervreemding van die samelewing gelug het.

Aanklaers het gesê Kato was veral gedemoraliseer nadat ʼn vrou met wie hy aanlyn gesels het, opgehou het om vir hom e-posse te stuur.

Japan bly een van die min ontwikkelde lande wat steeds die doodstraf toepas ten spyte van kritiek van internasionale en plaaslike menseregtegroepe.

Furukawa het Dinsdag sy land se gebruik van die doodstraf verdedig en gesê: “Aangesien daar geen einde aan gruwelike misdade is nie, vrees ek die doodstraf is steeds nodig. Daarom is die afskaffing van die doodstraf nie ʼn oorweging nie.”

Japan het weer met teregstellings begin toe premier Fumio Kishida aan die einde van 2021 aan bewind gekom het. Voor dié datum het die land twee jaar lank geen teregstellings uitgevoer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Waarnemer ·

Furukawavir ptesident hier in SA!Bring die doodstraf terug……

Pannies ·

Dit is wat ons nodig het om moordenaars af te skrik en tweekeer te laat dink. !!!

Ronel ·

Uhm, jy lees dan en dit is geskryf dat ernstige misdade nie ophou nie, so ook nie in die VSA nie…

Chillipit ·

Net so paar van hierdie voorbeelde, dan spring al Suid Afrika se kriminele meesterbreine, terug binne-in hulle kassies in en loop weer netjies in n ry

Jillian ·

Jy sal nie sê nee vir die doodstraf as dit jou kind of geliefde is wat gemartel, verkrag en vermoor is nie. Doodstraf moet in alle lande weer wet gemaak word! Miskien kom die mensdom dan bietjie reg!!

Editor ·

So julle wil die doodstraf terug hé, in n land waar die wet nie orals dieselfde toegepas word nie. Slim.

Johan ·

Hoe erg ons moord-koers in SA is, is dit GEEN rede om die doodstraf te wil terug bring nie. Jy WIL nie die doodstraf in hierdie misdaadministers se hande laat nie. Hulle kan nie vertrou word met die doodstraf nie!!!

Jaco ·

Net gister gesien een van SA se BEE-begunstigdes het ‘n lekker job in Japan losgeslaan. Hy moet maar ligloop daar. As hy tipiese Suid-Afrikaanse kader- en misdaadnonsens daar doen, wag die doodstraf dalk vir hom ook…

Maritza ·

Sou dit nie fantasties wees as hulle die straf terug bring nie.

Blikkies ·

Ek hou baie daarvan, Bring terug die Doodstraf in Suid-Afrika, Viva die Doodstraf vir moordenaars, verkragters, kinder molesteerders, gewapende rowers, inbrekers, gewoonte misdadigers, dwelm handelaars en al die ander gruwelike gemors insluitende die korruptes, wat reeds die Doodstraf kry in China.

JohanR ·

In stede om Rusland toe te gaan, kan David Mabuza Japan toe gaan en gaan sien hoe hulle van misdadigers ontslae raak!

Niklaas ·

Fantasties straf maatreel , die doodstraf. Maar daars ‘n probleem in SA wat dit betref. Blankes word hier getref met omgekeerde rassisme en diskriminasie. Dieselfde neiging sal posvat wat die doodstraf betref. “Our people” regters se boeties gaan skotvry afkom en raai wie sal die grootste klomp ter dood veroordeeldes wees ? Natuurlik onsself en sommer blitsig , binne weke ook word dit voltrek.

Groen-oog ·

Dit sou gewerk het as dit vir ALMAL sou tel. Maar ons sal blitsvinnig op die BEDREIGDE SPESIE lys verakyn in S.A

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.