Jong man sterf ná hy in koma terugkeer uit Noord-Korea

Otto tydens sy verhoor. Foto: AP Photo/Jon Chol Jin, File

Die Amerikaanse student wat 17 maande lank in aanhouding in Noord-Korea was en vroeër die maand in ʼn koma in die VSA aangekom het nadat hy vrygelaat is, is dood.

Otto Warmbier (22), wat verlede jaar tot 15 jaar tronkstraf en harde arbeid in Noord-Korea gevonnis is, is Maandagmiddag dood. “Hy was omring deur sy liefdevolle familie,” het die familie in ʼn verklaring gesê.

Dokters wat Warmbier behandel het nadat hy van Noord-Korea af teruggekeer het, het vroeër gesê hy het asemhalingsprobleme weens ʼn oordosis medikasie. Die dokters wou egter nie spekuleer of daar doelbewus met sy medikasie gepeuter is nie aangesien daar byna geen besonderhede is rakende die behandeling wat hy in Noord-Korea ontvang het nie. Volgens die dokters het Warmbier ook ernstige neurologiese beserings gehad.

Die VSA het intussen weer geëis dat die drie ander Amerikaanse burgers wat tans nog in Noord-Korea aangehou word, onmiddellik vrygelaat word.

Warmbier het op 13 Junie in ʼn koma op die lughawe in Cincinnati in Ohio aangekom. ʼn Senior beampte van die Amerikaanse staatsdepartement het Warmbier se vrylating op humanitêre grondslag bewillig.

Warmbier het op 13 Junie in Ohio aangekom voor hy na ‘n hospitaal geneem is. Foto: AP Photo/John Minchillo

Warmbier is in Maart 2016 tot tronkstraf gevonnis nadat hy op Oujaarsaand in 2015 propagandamateriaal gesteel het. Hy het ʼn politieke banier gesteel by ʼn hotel in Pjongjang waar hy en ʼn toergroep tuisgegaan het. Hy is op 2 Januarie 2016 in hegtenis geneem toe hy die land wou verlaat.

Warmbier was deel van ’n Nuwejaar-toergroep wat van Noord-Korea na Hongkong sou reis. Die VSA het geen diplomatieke of konsulêre verbintenis met Noord-Korea nie. Warmbier se ouers het geen woord van hul seun gehoor sedert hy gevonnis is nie.

Warmbier moes soos ander buitelandse aangehoudenes ’n openbare erkenning van sy oortreding doen. Hy het ʼn bekentenis voorgelees wat glo vir hom geskryf is terwyl hy huilend om verskoning gevra en om sy vrylating gepleit het. Hy is ná ʼn uur lange verhoor gevonnis vir misdaad teen die regering.

Volgens berigte het die Noord-Koreaanse owerhede gesê Warmbier het voedselvergiftiging opgedoen kort nadat hy gevonnis is en dat hy toe in die koma verval het. Daar is glo ook ʼn slaappil aan hom gegee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
Lucas

As jy wil steel, moet jy die gevolge dra. Diefstal is diefstal

Sê maar net

Die Noord-Koreaanse Owerhede kort ñ paar warm wakker-word klappe. Die arme kind was ñ student, dit was oujaars, hy het ñ oordeels-fout gemaak om iets te neem wat nie aan hom behoort het nie. Was dalk gekuier en het dit op die ingewing van die oomblik gedoen as ñ ou grappie (hy was ñ student for pete’s sake) Ek verdedig nie sy optrede nie, verkeerd bly verkeerd, maar seriously – 15 jaar tronkstraf en harde arbeid? Misdaad teen die regering???? Het hy ñ flipn bom geplant? Wat de falala? En dan sò op te einding? Ek hoop sy familie en… Lees meer »

snoefie

15 jaar harde arbeid vir n kinderagtige oortreding. wil suid Afrika nie plaasmoordebaars en verkragters noord Korea toe stuur vir vonnisoplegging nie?

Dennis

Alhoewel ek nie saamstem met wat met hom gebeur het nie, dink ek die owerhede was erger met hom juis omdat dit nie vir die grap gedoen is nie maar teen betaling. Hy het dit gedoen vir n ander persoon gedoen en sy betaling was n tweedehandse motor en 250 000 dollar wat aan sy ouers sou gaan indien hy gevang sou word. Met ander woorde, hy het besef dat hy moontlik gevang kon word, so dit was defnitief nie n “prank” nie.

Asmain

Dit gaan my verstand te bowe wat mense gaan soek in lande wat duidelik nie jou kultuur of waardes erken of respekteer nie. Daar is soveel beter en veiliger plekke om Oujaar te vier!