Jong sokkerster dood op kampus gevind

Kate Meyer (Foto: Twitter)

ʼn Ontluikende sokkerspeler en student aan die Stanford-universiteit in die VSA se liggaam is Donderdag op kampus gekry.

Die 22-jarige Katie Meyer was die spankaptein en sterdoelwagter vir die Stanford-vrouesokkerspan. Sy is in een van die universiteitskoshuise se gange gevind.

Volgens die polisie word selfdood ondersoek en geen vuilspel vermoed nie.

Meyer het internasionale betrekkinge en geskiedenis aan die Stanford-universiteit studeer.

Die Stanford-universiteit is in ʼn toestand van rou en het in dié stadium nog geen besonderhede oor Meyer se dood bekend gemaak nie, berig CBS News.

“Katie was buitengewoon toegewyd aan alles en almal in haar lewe,” sê die universiteit in ʼn verklaring. “Haar vriende beskryf haar as ʼn goeie spanspeler.”

Die 22-jarige het in Burbank in Kalifornië grootgeword en het reeds op ʼn vroeë ouderdom in sokker uitgeblink. Sy was lid van die o.16- nasionale meisiesokkerspan wat wedstryde in Italië en Nederland gespeel het.

The New York Post berig Meyer sal altyd onthou word vir haar spel in die uitskietwedstryd van die 2019-NCAA-kampioenskapwedstryd waar sy vir die Cardinal-vrouesokkerspan twee strafdoele gekeer het. Dié span het daardie dag Noord-Carolina se vrouesokkerspan uitgestof en as die kampioene weggestap.

Vriende en familie het op sosiale media hul medelye aan dié jong sokkerspeler betuig.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.