Jong TikTokker val na haar dood tydens video

Kubra Dogan het ‘n TikTok-video geneem toe sy na haar dood geval het (Foto: Wikibioin, Twitter)

ʼn 23-jarige Turkse vrou is dood toe sy van ʼn dak geval het terwyl sy en haar niggie ʼn TikTok-video gemaak het.

Kubra Dogan het op 20 Augustus vir haar 16-jarige niggie, slegs bekend as Helen, in Istanboel, Turkye, gaan kuier toe dié tragiese ongeluk plaasgevind het.

DailyMail berig die twee niggies het omstreeks 19:30 op die dak van hul familie se woonstel in die Esenyurt-woonbuurt in Istanboel geklim en video’s van die sonsondergang vir TikTok verfilm.

ʼn Dakplaat het onder Dogan meegegee en sy het sowat 50 meter van die dak tot onder op straatvlak geval.

Helen het die voorval op haar selfoon vasgevang.

Kubra Dogan het op die rand van die dak gesit etlike minute voordat ‘n dakplaat onder haar meegegee het (Foto: El Quinto Poder, Twitter)

In die video wat op Twitter gedeel is, kan gesien word hoe die twee meisies video’s van mekaar op die dak verfilm met die son wat in die agtergrond oor die stad sak.

Die video wys hoe Dogan op die rand van die dak sit. Helen, wat die selfoon vashou, draai dan die selfoon vir ʼn oomblik na haarself. Dit is op daardie oomblik wat ʼn harde slag in die agtergrond gehoor word toe die dakplaat onder Dogan breek en sy daardeur val.

As Helen die kamera terug na Dogan draai, kan die gat in die dak, waardeur Dogan pas geval het, gesien word.

Borneo Post berig ʼn erg geskokte Helen het na haar familie gehardloop om hulle van die ongeluk te vertel. Hulle het die nooddienste na die woonstel ontbied.

Paramedici het minute later by die toneel opgedaag, maar by hul aankoms was Dogan reeds dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Linx ·

Weereens TikTok ek kan nie dink dat hierdie ding nogsteeds bestaan nie…..dit is nie eens n kind nie dis n vrou wat hierdie snaakse goed gedoen het

Belinda ·

Dis nie Tiktok se skuld nie. Hulle is groot genoeg om te weet wat die risiko’s was. Mense doen hul eie ding op Tiktok en kan dus nie verantwoordelik gehou word vir dit wat gebeur het nie.

Belinda ·

Nou wil mense tiktok die skuld gee. Eks seker hulle is/was groot genoeg om te weet wat die risiko was. Dis wel n jammerte met wat gebeur het maar Tiktok het niks met dit te doen nie. RIP.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.