Justin Bieber ly aan gesigverlamming

Skermskoot uit die video (Video: Justin Bieber/Instagram)

Justin Bieber het Vrydag in ʼn video op Instagram aan sy aanhangers gesê dat hy gediagnoseer is met Ramsay Huntsindroom, en dit veroorsaak gedeeltelike gesigverlamming.

Die 28-jarige popster het onlangs aangekondig dat hy sy Justice World Tour opskort weens siekte, net ure voor sy eerste beplande konsert in Toronto.

Ramsay Huntsindroom is ʼn komplikasie van gordelroos wat plaasvind wanneer ʼn uitbreking ʼn impak het op die senuwees naby die oor. Bykomend tot gesigverlamming, kan dit ook gehoorverlies veroorsaak.

“Soos wat julle kan sien, kan dié oog nie knip nie. Ek kan nie glimlag aan hierdie kant van my gesig nie. Die neusgat sal nie beweeg nie,” verduidelik Bieber in die video. “Daar is volledige verlamming aan hierdie kant van my gesig. Vir diegene wat dus gefrustreerd is oor my kansellasies van my uitvoerings, is ek net fisies, uiteraard, nie in staat om dit te doen nie. Hierdie is nogal ernstig, soos julle kan sien.”

Die “Peaches”-sanger sê hy doen gesigoefeninge en spandeer tyd “om te ontspan en te rus” sodat hy “gou weer 100% kan wees om te doen wat ek gebore is om te doen”.

Hy het nie ʼn geraamde tydperk vir sy herstel gegee nie.

Dit is die derde keer dat Bieber se toer uitgestel moet word – die eerste twee was tydens die Covid-19-pandemie.

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Justin Bieber (@justinbieber)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

miche ·

Justin Bieber se vrou Hailey ( ook in haar twintigs) het onlangs ‘n beroerte gehad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.