Katolieke Kerk verkoop bates om slagoffers te vergoed

Argieffoto van Franse Katolieke Kerk bloot ter illustrasie. (Foto: Jean-Francois Monier/AFP)

Die Franse Katolieke Kerk sal eiendomme verkoop of moontlik ʼn lening moet aangaan om vergoeding te finansier vir duisende slagoffers van seksuele mishandeling deur priesters.

Beamptes van die kerk is onder toenemende druk om vergoeding uit te betaal aan slagoffers ná ʼn ondersoek deur ʼn onafhanklike kommissie grootskaalse seksuele mishandeling van minderjariges tussen die 1950’s en 2020 onthul het.

Die kerk sal die nuwe fonds ʼn hupstoot gee “deur eiendomsbates te verkoop wat aan die Biskoppekonferensie van Frankryk en die bisdom behoort”, het Eric de Moulins-Beaufort, president van die konferensie, gesê ná daelange vergaderings in Lourdes.

ʼn Onafhanklike kommissie onder leiding van Marie Derain de Vaucresson, ʼn bekende regskenner oor kinderwelstand, sal aangestel word om alle eise te evalueer.

Moulins-Beaufort het gesê dit sal soortgelyk wees aan die komitee wat twee en ʼn half jaar gelede aangestel is wat 216 000 sake van kindermishandeling deur priesters, diakens en ander geestelikes tussen 1950 en 2020 onthul het.

Die verslag, wat verlede maand vrygestel is, het “ʼn massiewe fenomeen” onthul wat dekades lank versteek is en priesters teen vervolging beskerm het. Die kerk is gemaan om slagoffers met sy eie bates te betaal eerder as om lidmate te vra om fondse te skenk wat as vergoeding aangewend kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Nie Verbaas ·

Skokkend, Hof weier vervolging maar kerk erken skuld deur vergoeding aan te bied.

Yvonne ·

So jammer vir al die kinders wat deur die SIEK en VERROTTE mense misbruik word….maar dit kom na vore

pestilensie ·

Kinders hoort in hulle huise by hulle ouers onder standvastige onstandighede , daarom is die promifering van gesonde gesinne in gevestige strukture nodig . Die huwelik en familie strukture hedendaags onder groot druk van die wereld . Ek sidder as ek dink wat hierdie nuwe WOKE beweging aan ons kinders gaan doen

Janee ·

Dit het tyd geword….Katolieke kerk het deur al die eeue hulself as God se “koningkryk” op aarde beskou….

Grassie ·

Luther en Calvyn het albei tot die gevolgtrekking gekom dat die pous die antichris is. As ‘n mens hoor van al die onheile wat in die Katolieke kerk aangaan vir donkie jare al wonder ek of hulle nie ‘n punt beethet nie.

JohanR ·

Hoeveel Nazi’s massa moordenaars het die Katolieke Kerk nie gehulp om Argentina toe te vlug nie na die 2de Wereld oorlog nie.

annie ·

Die RK was nog nooit ‘n kerk in die ware sin van die woord nie. Eeue gelede het kerkvaders reeds die erge gebreke by die groep uitgewys maar die inkomste uit menslike skade en skandes was te lekker. Nou kamma lenings aangaan om die skatte beskerm. Moord en doodslag is nie onbekend aan die groep mans/vroue wat kamma hoog heilig lewe nie. Vir een verafsku die Vader beelde en hul aanbidding maar die katedrale loop oor daarvan selfs van Christus steeds aan die kruis. Oompies in hokkies vergewe mense se sonde nogal maar teen betaling… Eerder rommelverkopings…

VaalDonkie ·

Dis great. Maar Frankryk moet sommer ook geld hoes vir al die kerke wat afgebrand word deur die “vlugtelinge”.

Pietertjie ·

Siestog. Komende van die grootste grondbesitters op aarde.

JohanR ·

Ek voel rerig ‘n veer. Hoop julle suffer en suffer en suffer net soos kinders in julle hande al die jare. Hoop julle word bankrot, en moet toe maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.