Noord-Korea het sy burgers verbied om hul kinders na die leier Kim Jong Un te vernoem in ʼn poging om sy outoriteit te beskerm.
Volgens ʼn amptelike Noord-Koreaanse dokument mag die ouers ook nie die naam “Jong Un” aan hul kinders gee nie, het Yonhap-nuusagentskap in Suid-Korea Woensdag berig.
Noord-Koreane word reeds verbied om hul kinders na die “ewige president” Kim Il Sung te vernoem, wat in 1994 gesterf het. Die gebruik van Kim Jong Il, die pa van die huidige leier en seun van Kim Il Sung, word ook verbied.
Kim Jong Un het in 2011 as leier oorgeneem toe sy pa gesterf het.
Sal Nu Gnoj Mik dan okay wees??
Wie sou dan elkgeval sy kind na n miskoek wil vernoem ?