Kofi Annan, die Ghanese diplomaat wat as die sewende sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (VN) gedien het, is in die ouderdom van 80 oorlede.
The Guardian berig hy was van 1997 tot 2006 sekretaris-generaal van die VN. Hy was die eerste swart Afrika-amptenaar wat dié pos beklee het.
BBC.com berig hy het die Nobelprys vir vrede in 2001 gewen.
Die Annan-familie en die Kofi Annan-stigting het dié nuus op Twitter bevestig.
“Hy is Saterdag ná ʼn kort siekbed rustig dood. Sy vrou, Nane, en hul kinders, Ama, Kojo en Nina, was langs sy sy in sy laaste dae.”
Die gesin het gesê Annan het sy lewe lank geveg vir ʼn regverdiger en vreedsamer wêreld. “Waar ook al daar lyding of behoefte was, het hy uitgereik en talle mense met sy diep meegevoel en empatie aangeraak.”
Die familie het vir privaatheid in hul tyd van rou gevra.
Begrafnisreëlings sal later bekendgemaak word.
It is with immense sadness that the Annan family and the Kofi Annan Foundation announce that Kofi Annan, former Secretary General of the United Nations and Nobel Peace Laureate, passed away peacefully on Saturday 18th August after a short illness… pic.twitter.com/42nGOxmcPZ
— Kofi Annan (@KofiAnnan) August 18, 2018
Hy was werklik sy amp waardig.
Een van die beste leiers wat ooit uit Afrika gekom het. Afrika het baie meer van sy kaliber nodig.