Kommer oor senator toe hy tydens toespraak verstar

Amerikaanse senator Mitch McConnell. (Foto: Drew Angerer/AFP)

Mitch McConnell, ʼn top-Republikein in die Amerikaanse senaat, het Woensdag groot kommer oor sy gesondheid ontlok toe hy tydens sy toespraak by ʼn mediakonferensie in die Kongresgebou skielik verstar het.

Beeldmateriaal wys hoe die 81-jarige McConnell in die middel van ʼn sin vir ongeveer 20 sekondes roerloos by die mikrofoon staan​​ voordat assistente en ander senators hom weglei.

Die voorval, waarin dit lyk of McConnell nie heeltemal by sy bewussyn is nie, het opnuut gesprekke aangewakker oor wanneer politici net té oud is om aan mag vas te klou.

Die veteraanpolitikus van Kentucky het egter ʼn paar minute ná die voorval teruggekeer en aan verslaggewers gesê “dit gaan goed met my” voordat hy vrae oor verskeie politieke kwessies beantwoord het.

McConnell is sedert 2007 die top-Republikein in die Amerikaanse senaat, en het van 2015 tot 2021 onwrikbare mag as meerderheidsleier van die senaat uitgeoefen.

Hy het in dieselfde rol die beleid van die demokratiese administrasie van oudpres. Barack Obama gestrem en die Republikeinse pres. Donald Trump se posisie versterk toe hy in Januarie 2017 die amp aanvaar het.

McConnell is in Maart in die hospitaal opgeneem nadat hy gestruikel en geval het tydens ʼn private aandete. Hy het harsingskudding opgedoen en ʼn gebreekte rib gehad en moes ses weke lank fisioterapie ondergaan.

Woensdag se voorval het die uitdaging van die verouderende leierskap in die Amerikaanse Kongres beklemtoon. Drie ander senators is ouer as McConnell, onder wie die 89-jarige Republikein Chuck Grassley en die Demokrate se Dianne Feinstein wat 90 jaar oud is.

Nog 24 ander senators is 70 jaar of ouer.

Ouderdom is ʼn sentrale kwessie in volgende jaar se presidensiële stryd. Die Amerikaanse president, Joe Biden, is 80 en die Republikeinse voorloper, Donald Trump, is 77 jaar oud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

hpven ·

Dit is waar. Dit sal egter nooit die spoed haal van die Ramaphosa regime se agteruitgang op Suid Afrika.

JohanR ·

Het Jacob Zuma nie die selfde probleem gehad, maar dit het gebeur terwyl hy sy skoene uittrek om by sy tone uit te kom sodat hy kan tel?

Delia ·

So wat is die aftree ouderdom vir die normale Amerikaner. Met alle respek gesê die man lyk soos my familielid wat Alzheimer het.

Hendrik ·

Amerikaners werk oor die algemeen langer as Suid-Afrikaners. Dis onwettig in die VSA om teen iemand te diskrimineer oor hulle ouderdom en baie mense werk tot diep in hulle sewentigs. Maatskappye kan dus, anders as in SA, nie iemand dwing om op ‘n seker ouderdom (bv 60, 62 of 65) af te tree nie.

Delia ·

Miskien moet ek dalk net sê…ek het n mediese observasie gemaak met die Alzheimer vergelyking. Dit was nie negatief bedoel teen Alzheimer lyers nie

KatjieDeKat ·

I hope he does, he’s extremely entertaining to watch. Tensy hy hom natuurlik een vd dae “ongelukkig val” soos die oumense altyd gesê het.

Charles ·

Die verstarring het al voorheen gebeur. Wie weet. Dalk Mannemarak wat met sy onderbewussyn kommunikeer.

E-lad nanna ·

Dis ‘n android en hulle was besig om sy operating system te update ????

John ·

In die privaat sektor sien jy bitter min ‘n 70+ jarige ‘n groot besigheid bestuur. Maar vir een of ander rede dink ons dis ‘n goeie idee om hulle ‘n land te laat bestuur?

Gaitsigubib ·

John MM laat my kommentaar nou weer nie toe nie, maar jou waarneming is in die kol. Net soos in Afrika word n netwerk opgebou en die wat deel is van jou netwerk het baie geld en tyd daarin bele. Hulle laat jou nie sommer gaan nie my vriend. “Hulle” is die puppet masters….

Gaitsigubib ·

Ek dink John meen as jy n besigheid vir iemand anders bestuur. As jy die eienaar is kan jy dit besit tot jy 100 is as wil.

Nettie ·

My persoonlike mening was nog altyd dat daar ‘n rede is hoekom mense op 60-65 aftree, hoekom geld dieselfde nie vir politici nie?

anko ·

Nooit sal dit gebeur nie, te min jare om “bymekaar” te maak…. Moet een voet in die graf staan

Hendrik ·

As iemand met beide SA en VSA burgerskap sou ek ten gunste daarvan wees dat geen politikus bo 66 jaar verkiesbaar moet wees vir ‘n openbare pos nie. Dis sal die president kans gee om tot 70 in die amp te bly, verteenwoordigers in die huis tot 70 en senators wat elke 8 verkies word, tot 74.

Oosieoos ·

Stem moet nie 60 in sy tydperk vir verkiesing raak nie dan te oud. Kyk na biden doodsklokke het lankal kennis gege

Hennie ·

Een van die redes waarom VSA moreel en finansiël bankrot is. President is n vallende mompellende grap, en die GOP se leierskap is nie vêr agter nie

Marthinus W ·

Ek ly aan temporale lob epilepsie, wat kan beteken dat jy soms verstar, gewoonlik wanneer daar n groot aantal “sensoriese” dinge om jou is. Jou brein se “tripswitch” skop in, en na n rukkie is jy weer reg. Dis natuurlik nie te se dis wat ou Mitch oorgekom het nie.

Christiaan(Christo)H. ·

Dit is so verkeerd. Ek is 12 jr gelede, vier maand voor my 61ste verjaarsdag aangese om pension te gaan. Ek het glo uittree ouderdom bereik. Ek is nou 73 jaar oud. Vol verstand en baie fiks. Wat wil ek sê. Politieke leiers regoor oor wereld is bykans almal heelwat ouer en byns seniel. Hoe Kan hulle, hier en ook oorsee die regte besluite te neem en te gee.
Laat hulle ook op pensioen gaan….. Geen wonder die wereld gaan so agteruit nie.

Martie ·

Dit gaan nog hier ook gebeur, alhoewel die meeste van ons sn wat in die parlement sit in elk geval nooit juis weet waarvan gepraat word nie want hulle sit en slaap. Staatsamptenare MOET op 60 atfree, pas die wet toe op ministers ook, mos ook staatsamptenare.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.