Lid van Amerikaanse lugmag steek hom aan brand by Israelse ambassade

’n Israeliese soldaat kyk toe hoe ’n helikopter opstyg tydens ’n militêre oefening in Bo-Galiléa naby die Libanon-grens. (Foto: Jalaa Marey/AFP)

ʼn Aktiewe lid van die Amerikaanse lugmag het homself Sondag buite die Israelse ambassade in Washington aan die brand gesteek, met media wat berig het hy betoog teen die oorlog in Gaza.

Nooddienswerkers is net na 20:00 (Suid-Afrikaanse tyd) na die toneel ontbied nadat hulle ʼn oproep gekry het van ʼn “persoon wat buite die Israelse ambassade in vlamme is”, het ʼn boodskap deur die stad se brandweerdiens op X gelui.

Daar aangekom het lede van die Amerikaanse geheime diens, wat getaak is met die beskerming van Amerikaanse politieke leiers, besoekende staatshoofde en ander, reeds die vlamme geblus. Die man het lewensbedreigende beserings opgedoen en is in ʼn bedenklike toestand na ʼn hospitaal geneem.

ʼn Woordvoerder van die lugmag het aan AFP bevestig dat die man ʼn aktiewe lid van die lugmag is, maar het geen verdere besonderhede verskaf nie.

Volgens ʼn woordvoerder van die Israeli-ambassade is geen van sy personeel tydens die voorval beseer nie. Die man is ook “onbekend” aan hulle.

Amerikaanse media het berig dat die man die gebeure glo regstreeks op Twitch uitgesaai het. Hy was in uniform geklee en het verklaar dat hy nie “aandadig aan volksmoord gaan wees” nie voor hy ʼn vloeistof oor homself uitgekeer het. Hy het homself daarna aan die brand gesteek en “bevry Palestina” geskree tot hy op die grond ineengestort het.

AFP kon dié beeldmateriaal nie bevestig nie en die New York Times het bevestig dat dit van die Twitch-platform verwyder is.

Die voorval kom te midde van toenemende betogings in die VSA teen Israel se optrede in Gaza, waar die land ʼn teenaanval voer ná die 7 Oktober-aanvalle deur Hamas-militante.

Die dodetal in Gaza staan in hierdie stadium op byna 30 000, aldus die Hamas-beheerde departement van gesondheid. Daar is ook groeiende druk op die VSA om sy bondgenoot te oortuig om tot ʼn skietstilstand in te stem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Tewis ·

Het die VSA weermag hom met ń geweer teen kop gedwing om tegaan??
Of het hy wel ń ander agenda gehad??

Onnie ·

Dis net Muslims wat sulke mal goed aanvang, hulle koppe raas. Hy mag miskien ‘n Amerikaanse burger wees, maar hy behoort aan ander.

trotsNAMSA ·

Tewis, ek weet nie hoe oud jy is nie maar as jou land jou “oproep” vir diensplig is dit soos ‘n “geweer teen jou kop”. Dalk was die lid al voorheen in sulke situasies en het hulp nodig gehad.
Soos jou land se jong manne van 18 jaar oud na Namibië gestuur is om te sterf. Hoeveel ouer SA’ners en nou ander lande se manne / vroue is nie geestelik kwesbaar nie. Ek hoop jy beleef nooit ‘n oorlog nie. Ek is sedert 5 jarige ouderdom blootgestel aan oorlog in Namibië en sit nog met daardie trauma. RIV, soldate van alle lande.

hpven ·

Militêr en mede soldate beter af sonder hom! Behoort nie tranerig te wees nie.

Oosieoos ·

Trotsnamsa moet nooit weer namens ons oud veterane praat nie ons het met trots gedien en is nie a dag spyt nie net jammer ons was onder druk van ander lande forseer om nie klaar te maak nie en betaal vandag die prys. Ja ek was daar

Niklaas ·

Hy kon maklik vir sy eie geloofsoortuigings ‘n selfmoordenaar gewees het en dosyne ander onskuldige mense beseer het , vermink of gedood het. Dit het al soveel keer gebeur in die verlede.

piet ·

Oosieoos – Is jy seker jy weet waarvoor jy en ek geveg het in Namibie (SWA)? So terloops – ek was self gestasioneer op Katima Mulilo in die Caprivi. Tydmors, ons lewes is in gevaar gestel deurt ons mal regering wat ingemeng het met ANDER lande se bevrydingstryde. Heeltemal onnodig gewees.

Michael ·

Ten minste is hy nou uit die sisteem, hoekom sê die media nie dat hy ‘n muslim is nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.