LP’s neem beheer van Brexit

Britse LP’s het ʼn ongekende stap gedoen en beheer van laerhuissake vir die dag by eerste minister Theresa May oorgeneem. Dít in ʼn poging om ʼn oplossing te vind oor hoe om aan die Europese Unie te onttrek.

Die regering is vroeër met 329 stemme teenoor 302 verslaan, wat beteken LP’s kry Woensdag ʼn reeks stemme om te besluit watter soort Brexit hulle wil steun.

Die BBC berig egter May sê daar is geen waarborg dat sy by hulle besluit gaan hou nie.

ʼn Man betoog vroeër voor die parlement in Londen.(Foto: Frank Augstein, AP)

Leier van die Arbeidersparty Jeremy Corbyn, wat die wysiging van die Konserwatiewe Party se sir Oliver Letwin gesteun het, sê die regering “moet die proses ernstig opneem”.  Hy sê die regering het misluk en die laerhuis móét dus slaag om ʼn aanvaarbare skeidingsooreenkoms te beding.

Corbyn sê LP’s sal eenstemmigheid wil bereik oor hoe om die proses verder te voer. Dit sluit in ʼn moontlike “bevestigingstem” deur Britte. May was gekant hierteen omdat die opsie “Remain” op die stembrief sal verskyn.

Sy het vroeër probeer om ʼn nederlaag af te weer deur aan LP’s ʼn reeks Brexit-alternatiewe aan te bied waaroor hulle kon stem. Sy sê as LP’s toegelaat word om die laerhuis se agenda te beheer, sal dit ʼn “onwelkome presedent” skep.

Ondersteuners van Letwin se wysiging sê egter hulle maak nie daarop staat dat die regering LP’s gaan toelaat om insette te lewer oor die verskillende Brexit-opsies nie.

Altesaam 30 Tory-LP’s het teen die regering gestem. Dit sluit in drie ministers – Richard Harrington, Alistair Burt en Steve Brine – wat intussen uit hulle ministeriële poste bedank het.

Die BBC berig LP’s dreig dat ʼn herrie kan losbars as ʼn meerderheid van hulle stem vir die aanvaarding van ʼn Brexit-plan wat nié May s’n is nie en sy dit nietemin probeer ignoreer.

Die Verenigde Koninkryk se onttrekking aan die EU was veronderstel om op 29 Maart te gebeur, maar in die lig daarvan dat daar steeds nie saamgestem kan word oor die onttrekkingsooreenkoms nie, het May die leiers van die 27 oorblywende ledenasies vir uitstel gevra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Herman Goosen

Die Britte het ‘n reeks swakkelinge as leiers gehad die afgelope jare. Dink aan Brown, Major, Blair en nou May. Absolute swakkelinge wat baie Europese polities korrekte treetjies loop met min baldadige stappe om op etiese waardes te staan. May het ‘n absolute gemors reg van die begin af met Brexit gemaak en kry duidelik nie die boodskap by die EU oor watter opsies aanvaarbaar sal wees aldan nie. Sy gaan Brittanje ekonomies verswak en dan agter minder aantreklike lande vry wat strawwer handel voorwaardes sal stel omdat Brittanje in ‘n swak posisie is. LP’s doen die regte ding sedert… Lees meer »

waarheid

Jip wat jy saai sal jy maai…….
Kan nie wag dit die Britte tot ‘n val kom nie. Hulle wat altyd die vinger so gewys het.

Rupert Ashford

Die Britte sal nou moet rug styfmaak en dit laat gebeur. Hulle het hulleself in ‘n hoek vasgeverf deur te papbroekig te onderhandel (omdat die mense in beheer eintlik remainers is). Hulle kan ook nie teruggaan nie, want dan sal hulle vir altyd met minagting deur die EU behandel word. Staan nou vas, se vir die EU hoe julle gaan onttrek, en maak dan die beste van die saak en begin met almal handeldryf volgens WTO reels.

ZAR

Die EU is gestig vir ‘n rede
Waarin het die EU verander?
Hoekom maak hulle dit onmoontlik om van af te skei?

Die EU is nou ‘n “gangsters’ paradise”
Hoe vinniger hulle terugkom na hul oorspronklike ideale, hoe beter.
Ongelukkig kan dit net begin sodra die een nasie na die ander daaruit onttrek en regulasies in plek gesit word om totale beheer te voorkom.

African sun

Jy weet blykbaar nie veel….. n Brit het die onttrekkingsprosedure vir die EU opgestel.