Madeleine McCann: Items by reservoir gevind, ontleed

Madeleine McCann soos sy gelyk het toe sy as driejarige dogtertjie vermis geraak het.

Die polisie het items by die afgeleë Arade-reservoir in die suide van Portugal gevind tydens hul soektog na Madeleine McCann wat in 2007 as ʼn driejarige kleuter vermis geraak het.

Die items sal ontleed word om te bepaal of dit wel met die kleuter se verdwyning verband hou.

McCann het in 2007 uit haar gesin se vakansiewoonstel by die Algarve-toeristeoord in Praia da Luz vermis geraak.

Die polisie het verlede week ’n soektog by die reservoir van stapel gestuur en binne drie dae afgehandel.

Die reservoir is sowat 50 km van waar Madeleine destyds by die Algarve-toeristeoord Praia da Luz vermis geraak het. Portugese media berig die hoofverdagte in die saak, Christian Brückner, het glo gereeld tyd naby die reservoir buite die dorpie Silves deurgebring.

DIe soektog by die reservoir (Foto: Filipe Amorim/AFP)

Volgens Duitse owerhede, wat die soektog aangevra het, is ’n “aantal items tydens die operasie ontdek”.

“Dit sal in die komende dae en weke ontleed word. Dit is nog nie moontlik om te sê of enige van die items wel met die Madeleine McCann-saak verband hou nie,” sê die owerhede.

Die soektog is deur polisiebeamptes van Portugal, Duitsland en Brittanje uitgevoer.

Ondanks die internasionale soektogte en groot mediadekking wat Madeleine se verdwyning oor die jare tot gevolg gehad het, is daar vandag nog geen teken van haar nie.

Die Duitse owerhede het in 2020 gesê daar is bewyse dat Madeleine dood is, maar dat meer inligting nodig is om ʼn verdagte voor ʼn hof te bring.

Brückner –  ʼn veroordeelde verkragter en kindermishandelaar – is in April verlede jaar formeel geïdentifiseer as die hoofverdagte in die verdwyning van Madeleine.

Hy is in Oktober verlede jaar van vyf onverwante seksuele misdrywe aangekla. Duitse aanklaers sê die ondersoek na Madeleine se verdwyning is steeds afsonderlik aan die gang.

Lees Maroela Media se vorige berigte oor die saak hier.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Marthinus ·

So sad after all these years her parents have not found closure.We hope these recent discoveries will be fruitful

Linda ·

Wat het geword van die meisie van iewers in Europa wat beweer het sy is Madelein, met dieslefde vlek op haar oog en wat bloedtoetse en DNA toestse sou ondergaan om haar saak te bewys.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.