Man doen optrekke kragloos op paal

Argieffoto

Duisende huise in die Chinese stad Chengdu is Sondagaand sonder elektrisiteit gelaat toe ʼn man ʼn kragpaal uitgeklim en sy maagoefeninge aan die bokant van die paal gedoen het. Omstanders het die man aangegaap waar hy ongeveer 10 meter in die lug optrekke doen.

Die plaaslike kragvoorsiener van die stad was genoop om die kragtoevoer terstond af te skakel. Dit het tot gevolg gehad dat duisende huishoudings toe in die donker gedompel is.

Nooddienste, insluitend mediese personeel, het hulle na die toneel gehaas. Die man is ook ná sy manewales deur die polisie weggeneem.

Dit is nie duidelik waarom die man besluit het om sy oefening bo teen die kragpaal te doen nie.

Die staatsbeheerde media het die publiek waarsku om nie die man te probeer naboots nie.

“Die man se gedrag was uiters gevaarlik,” het een van die mediapublikasies gesê.

Die voorval het wel ʼn gewilde onderwerp op die sosiale media geword. Een van die inskrywings oor die voorval het minstens 1,7 miljoen trefslae gekry. ʼn Video van die man op die kragpaal is ook op sosialemediaplatforms versprei.

“Ek was geïrriteerd omdat daar geen elektrisiteit was nie,” vertel ʼn inwoner van die stad op die sosialemediaplatform Weibo. “Maar toe ek op die nuus sien wat die rede vir die kragonderbreking was, was ek benewens geïrriteerd ook geamuseerd.”

ʼn Ander Weibo-gebruiker het dit weer nié so snaaks gevind nie. “Baie geld word vermors met só ʼn kragonderbreking en dit kan maklik tot ʼn noodlottige ongeluk lei,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Meisie ·

Snaaks as ‘n ander land se krag afgaan dan maak dit nuus, hier is dit die norm.

Remlut ·

Baie onverantwoordelik, hy kon tenminste net verder gevlieg het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.