Man steel buurman se duur visse ná rusie

ʼn Man van Ierland was só kwaad vir sy buurman dat hy dié se duur eksotiese visse gesteel het.

Hy is egter uitgevang en die afgelope week vier maande tronkstraf hiervoor opgelê, berig BBC.

Samuel Robinson (37) het die koi-visse in die vroeë oggendure van 3 Desember 2018 uit ʼn visdam in sy buurman se tuin in die noorde van Belfast gesteel. Volgens Belfast Live het die twee het glo oor geld baklei en die gesteelde vis was £600 (ongeveer R12 000) werd.

Sy buurman het egter op CCTV-beeldmateriaal gesien hoe Robinson die erf betree en die vis vat en het hom daaroor gekonfronteer. Robinson het egter nooit die visse terugbesorg nie.

Robinson se regsverteenwoordiger het tydens die hofsaak in die Belfast-magistraatshof gesê sy kliënt besef hy moes nooit die waardevolle vis gebuit het nie, al was dit “ʼn geskil oor geld tussen twee mense wat mekaar ken”.

Die regter het die diefstal as “gemeen” beskryf en Robinson vir vier maande tronk toe gestuur.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Niklaas ·

Ek het ook sulke bure gehad. Selfs hul swembad is volgemaak vanaf my kraan as ek op verlof gaan.

Catherina ·

Something to smile about in these depressing times in this country!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.