Man sterf in haai-aanval in Aus

Cable Beach in Australië. (Foto: Twitter)

’n Man is dood tydens ʼn haai-aanval by ’n bekende strand aan die noordwestelike kus van Australië.

Dit is die agtste noodlottige haai-aanval in Australië vanjaar terwyl 22 voorvalle van haai-aanvalle vanjaar reeds aangemeld is.

Die Australiese owerhede sê nooddienste is Sondagoggend na Cable Beach naby die dorp Broome ontbied waar die man uit die see getrek is. Hy is op die toneel behandel, maar het later aan sy beserings beswyk.

Luidens plaaslike mediaberigte is die man aan die bobeen en hand gebyt.

Haai-aanvalle is seldsaam by Cable Beach hoewel die gewilde strand tot twee keer per jaar vir toeriste gesluit word wanneer soutwaterkrokodille in die omgewing gewaar word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.