Man van manslag aangekla ná karnaval-ongeluk

Karnavalgangers by Strepy-Bracquegnies naby La Louviere (20 Maart 2022) (Foto: Nicolas Maeterlinck/Belga/AFP/Belgium OUT)

Die bestuurder van die motor wat die afgelope naweek in ʼn skare pretmakers by ʼn karnaval in België geploeg het, is Dinsdag van manslag aangekla.

Die man en sy neef het Maandag in die hof verskyn hangende toksikologie toetse om te bepaal of die twee onder die invloed was.

Volgens die toetse was die bestuurder, genaamd Paolo F., ligtelik onder die invloed nadat ʼn asemtoets gedoen is. Sy passasier en neef, Nino, was in dieselfde toestand. Nino is daarvan aangekla dat hy versuim het om die beseerdes by te staan. Hy is op borgtog vrygelaat terwyl Paolo steeds in aanhouding is.

Frank Discepoli, Paolo se prokureur, sê hulle het nie te doen met ’n aanklag van moord of aanranding, soos die staat voorgestel het nie.

“Ek dink dat die regter, nadat hy die dossier ontleed het, kon besef dat ons hier met ʼn ongeluk te doen het,” sê Discepoli.

Paolo en Nino is Sondag net ná 05:00 (0400 GMT) in hegtenis geneem nadat hulle glo met ʼn motor in die skare pretmakers by ʼn karnaval in Strephy-Bracquegnies, suid van Brussel, geploeg het. Minstens ses mense is dood en 26 beseer, van wie tien om hul lewens veg in die hospitaal.

Volgens berigte het die twee die oggend glo van ʼn disko af gekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.