Man vermoor suster se verkragter in tronk

Foto ter illustrasie. (Foto: Pixabay)

ʼn Man van Washington in Amerika is verlede week tot meer as 24 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy sy selmaat doodgemaak het. Dít omdat die slagoffer die man se minderjarige suster in 2019 verkrag het.

Volgens The Daily News het Shane Goldsby (26) verlede week skuld beken aan die moord op Robert Munger (70) by die Airway Heights- korrektiewe sentrum in Junie verlede jaar.

Volgens ʼn ondersoek deur die Washington-staatspolisie het Goldsby vir Munger van agter af geslaan terwyl hulle in ʼn gemeenskaplike gebied in die tronk was. Die voorval het plaasgevind etlike ure nadat die twee ontmoet het.

Goldsby het Munger ongeveer 14 keer oor die kop geslaan en herhaaldelik sy kop geskop tot veiligheidswagte ingegryp het. Goldsby was reeds besig om ʼn sewe jaar lange tronkstraf vir aanranding ten tyde van die voorval uit te dien.

Munger is drie dae later in die hospitaal dood. Goldsby beweer Munger het hom in fyn besonderhede vertel hoe hy sy suster verkrag het.

Die Washington-staatspolisie het gesê Goldsby het erken dat hy nie van Munger se misdade geweet het toe hulle saam in ʼn sel geplaas is nie.

Volgens The Sun het Goldsby tydens sy verhoor gesê dat hy Munger net wou seermaak en dat dit nie sy bedoeling was om hom te vermoor nie. Hy het bygevoeg dat hy eerder sou verkies het dat Munger die res van sy lewe in die tronk deurbring.

Munger het ʼn vonnis van minstens 43 jaar uitgedien toe Goldsby hom aangeval het. Die bejaarde man is in 2019 in die Cowlitz-distrik-hooggeregshof skuldig bevind aan die verkragting en molestering van minderjariges, onder wie Goldsby se sussie.

The Sun berig die Washingtonse departement van korrektiewe dienste het ʼn beleid wat moes verhoed het dat die twee in dieselfde sel beland. ʼn Onafhanklike ondersoek het egter bevind dat die tronk hoegenaamd nie van die verband tussen die twee gevangenes geweet het nie.

“Daar was geen duidelike aanduiding in die twee se dokumente dat daar ʼn moontlike ‘verwantskap’ was nie,” het Janelle Guthrie, woordvoerder van die staatsdepartement, aan Associated Press gesê.

Die korrektiewe sentrum het ʼn administratiewe ondersoek van stapel gestuur om die oorsaak van die twee se saamgroepering in ʼn sel te vind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

VaalDonkie ·

Eintlik moet hulle ‘n paar jare van sy straf verwyder vir “community service”

JohanR ·

Dit is nou deja vu! Kan dink aan ‘n paar ANC’s wat saam met hom in die sel kan in trek!

Duck ·

JUSTICE – Gee sommer daai man ‘n Bell’s, ek sou tien teen een die selde gedoen het, gemors.

Anoniem ·

Hy het net geregtigheid in eie hande geneem, neem hom nie kwalik nie.

VaalDonkie ·

Ek glo nie vir ‘n oomblik daai storie dat hulle nie geweet het nie. MAAR ek gee ook nie om nie. Wens ek kon vir die ou ‘n bottel Bell’s stuur.

Niklaas ·

Hy het dalks wraak beplan , sonie is dit baie toevallig dat die 2 mans saam sou eindig in die sel

Ian ·

Ek vermoed ek sou iets veel erger gedoen het aan hom as dit my sussie moes wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.