
Jong mans bestook polisiebeamptes met petrolbomme in Exarchia, Athene (6 Desember 2018) (Foto: AP Photo/Yorgos Karahalis)
Griekse owerhede het gesê meer as 100 persone is in aanhouding in verband met betogings in Athene en die noordelike stad Thessaloniki tydens geleenthede om ʼn tiener, wat 10 jaar gelede deur polisiebeamptes doodgeskiet is, se lewe te gedenk.
Die polisie het Vrydag gesê 66 persone is in Athene in aanhouding sedert die geweld Donderdag begin het. Dertien van die persone is in hegtenis geneem.
Vyftien persone is in Thessaloniki in hegtenis geneem ná 52 persone aangehou is.
Betogers het in Athene versperrings aan die brand gesteek en polisiebeamptes met klippe en vuurwerke bestook. Polisiebeamptes het reageer met traangas, skokgranate en ʼn waterkanon.
Alexis Grigoropoulos (15) is op 6 Desember 2008 oorlede. Sy afsterwe het tot van die ergste betogings in Griekeland gelei. Die geweld het vir twee weke lank voortgeduur en ook na ander gebiede uitgebrei.
- Betogers gebruik vuurwerke teen polisiebeamptes in Exarchia, Athene (6 Desember 2018) (Foto: AP Photo/Yorgos Karahalis)
- ʼn Jong betoger wil ʼn petrolbom na polisiebeamptes slinger in Thessaloniki (6 Desember 2018) (Foto: AP Photo/Giannis Papanikos)
- Jong mans bestook polisiebeamptes met petrolbomme in Exarchia, Athene (6 Desember 2018) (Foto: AP Photo/Yorgos Karahalis)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Lyk my Griekeland en Frankryk het n kompetisie om te sien wie die lekkerste kan betoog.
Daar word betogers gearresteer. Leer by hulle SAPS.