“Ons is platgeslaan oor ons oudste seun, Noah, wat met kanker gediagnoseer is en tans behandeling in die VSA ontvang,” het die 41-jarige Bublé op Facebook geskryf.
Bublé en sy vrou, Luisana Lopilato, het intussen hul loopbane eenkant geskuif om op hul seun se gesondheid te fokus. “In die moeilike tyd versoek ons net julle gebede en respek vir ons privaatheid. Ons het ʼn lang pad wat voorlê en hoop dat ons met die ondersteuning van ons familie, vriende en aanhangers en God se wil die geveg sal wen,” het Bublé gesê.
Die egpaar het nie bekend gemaak watter soort kanker hul seuntjie het nie. Lopilato, ʼn Argentynse aktrise en model, het ook die nuus in Spaans op haar Facebook-blad bekend gemaak.
Die egpaar se ander seuntjie, Elias, is in Januarie gebore.
Hou moed deur al die mediese stappe wat volg groot seun jy sal gesond word.
This is so sad! Cancer can strike anyone at anytime… We pray for a speedy recovery for little Noah.
Ek wens daar was ‘n wonder kuur vir kanker, ek het my moeder daaraan verloor, my suster het ook al talle kanker verwyderings operasies ondergaan….
Mens voel so magteloos teen hierdie … Virus? Kiem? Wat is dit werklik?
My hart gaan uit Na almal wat met kanker worstel.
Kry dagga druppels. Dit krimp meeste kanker gewasse / vernietig meeste kankerselle as vroeg genoeg gebruik word. Sterkte.
Marianne, dis ‘n truuk van Satan (kanker) om ons met vrees te vul! Kom ons maak reg met ons Koning YHWH en lewe in geloof! GEEN so ‘n plaag sal dan naby ons kan kom nie! Ps 91 is en bly waar! Hy is nie ‘n mens wat valse beloftes maak nie!
Kanker is nie ‘n virus of ‘n kiem nie. Dis ook nie ‘n aanslag van die duiwel nie. Dis ‘n siekte. Ons almal word gebore met die potensiaal om kanker te kry in ons gene. Dis net dat dit by sommiges geaktiveer word en by andere nie. Sterkte aan almal wat hiermee sukkel. Dit is regtig sleg.
Ja, dankie tog, Colette. Die snert wat sommige mense vir soetkoek opeet laat my mond wawyd oophang. Sug, sug, sug.
Ons moenie altyd met siektes die Bybel kaart speel nie. Ons Here is almagtig en kan alles doen. Ek weet net nie of ons almal opreg genoeg en met toewyding bid as ons dierbares siek word nie. Ek het het al gepleit,gesmeek : Here asb moenie laat die een of daai een sterf nie, maar dit het niks gehelp nie. Ek het nie my geloof verloor nie,net die verskriklike realiteit behou, ons almal moet sterf.