Miljoene dosisse Chinese entstof vir Covax belowe

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Twee Chinese entstofvervaardigers, Sinovac en Sinopharm, het ingestem om dadelik meer as 100 miljoen dosisse van hul Covid-19-entstof beskikbaar te stel vir die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) se Covax-program.

Covax is gestig om die verspreiding van Covid-19-entstowwe aan veral armer lande te verseker en het tot dusver meer as 102 miljoen dosisse aan 135 lande versprei.

Seth Berkley, hoof van die entstof-alliansie Gavi – wat Covax ondersteun – het gesê sowat 110 miljoen dosisse Sinovac en Sinopharm sal beskikbaar gestel word om aan lande wat deel is van dié program, te versprei.

“Die ooreenkoms sal ook verseker dat twee meer entstowwe in die Covax-portefeulje opgeneem sal word wat die totaal van beskikbare entstowwe in die Covax-program verhoog na 11.”

Die ooreenkoms met die entstofvervaardigers stel Covax in staat om voor einde September 50 miljoen dosisse van die Sinovac-entstof te kry, en 60 miljoen dosisse van die Sinopharm-entstof tot einde Oktober.

“In die geheel kan ongeveer 170 miljoen dosisse Sinopharm en altesame 380 miljoen dosisse Sinovac teen die middel volgende jaar beskikbaar gestel word,” het Berkley gesê.

Dié entstowwe sal glo aan verskeie derdewêreldlande versprei word, asook aan betaalde deelnemers van die Covax-program.

Volgens Gavi sal Covax na verwagting sowat twee miljard dosisse aan die begin van volgende jaar kan versprei, insluitend 1,8 miljard dosisse aan die 92 armste lande in dié program.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Pieter ·

So die chinese het al voor die virus uit gebreek het al begin endstof maak

CA ·

Nee, die Chinese is effektief en doelgerig en probeer ander lande help om die pandemie onder beheer te kry – wat hulle weet ook ‘n goeie ding is vir China se eie ekonomie.

SwartBees ·

En natuurlik gaan Afrika, bakhand, heel voor in die ry staan vir sy freebee.

Alida ·

In die ander lande waar hierdie entstof gebruik word, soos Indonesië, is dit nie juis suksesvol nie. Geen wonder die Chinese wil die hele lot op Afrika “dump”nie, soos hulle gewoonlik met al hulle gemors maak.

Realis Thailand ·

En hier in Thailand werk die Sinovac entstof nie na n paar weke en dis bewys met tellings. Verder het 600 gesondheids werkers covid gekry na die inenting. Ses honderd duisend het die entstof ontvang.
Almal word nou oor ingeent me AZ.
En nou wil die anc regering dit aankoop
Genoeg op Google om oor dit te lees

CA ·

Geen Covid-19 entstof beskerm ten volle teen infeksie. Selfs Israel met iets soos 80% Pfizer-inentings kry nuwe infeksie-oplewings. Een van die mikpunte met inentings is vir eers om ernstige siekte en dood te voorkom – wat al die huidige entstowwe heel goed doen.

Realis Thailand ·

Korrek maar die Sjinese entstof gee geen beskerming na ongeveer agt weke .Dit is asof jy nie ingeent was nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.