Namibië skrap Covid-19-toetse, inentingsertifikaat

(Argieffoto: Unsplash)

Diegene wat Namibië wil besoek, kan nou die land binnegaan sonder om ’n negatiewe 72-uur-PCR-toets of inentingsertifikaat te toon.

Só het Ben Nangombe, uitvoerende direkteur van die departement van gesondheid in Namibië, Donderdag aangekondig.

“Die huidige epidemiologiese situasie ondersteun nie meer die beleid dat besoekers ’n negatiewe PCR-toets of inentingsertifikaat hoef te toon nie,” het Nangombe gesê.

The Namibian berig die departement het reeds verlede maand van daaglikse Covid-19-bywerkings na weeklikse verslae oorgeskakel, aangesien die aantal Covid-19-gevalle beduidend gedaal het.

Aanvanklik moes toeriste of besoekers wat nie teen Covid-19 ingeënt is nie wel ’n PCR-toets aflê voordat hulle die land kon binnegaan.

Nelson Ashipala, woordvoerder van Namibia Wildlife Resort (NWR), het aan New Era Live gesê die toerismebedryf verwelkom die nuwe ontwikkeling en beskou dit as ’n positiewe stap ten opsigte van ekonomiese groei.

“Dit beteken dat die toerismebedryf ingeënte én oningeënte mense nou kan verwelkom,” het Ashipala gesê.

Die Suid-Afrikaanse regering het op 22 Junie alle regulasies teen Covid-19 laat vaar. Dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid, het onlangs aangekondig dat die Covid-19-gevalle en hospitaalopnames sedertdien afgeneem het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Faraway ·

Sjoe. . . Nie baie lank terug nie was ons nêrens welkom nie. Nou is ons geld goed genoeg

Namgrl ·

hhhmmmm…. Ek is van Namibie. Was ons dan nie almal geraak deur die pandemie nie? Hoekom so ‘n snedige opmerking.

VaalDonkie ·

Toemaar, Namgrl, ons is kwaad vir die regering, nie vir jou as persoon nie. Regerings maak mos nes hulle wil.

Perdeby ·

En ander lande se mense was nie welkom in SA nie! So nou wat? Vir die ander lande moet jy nog steeds ‘n negatiefe 72 uur toets wys.

Antie Sarie ·

Want daar is reeds genoeg skade gedoen. En mense hoef nie meer verplig te word. Die derduisende wat gegaan het, is meer as bereid vir die opvolg besoekies

Henri ·

“Die Suid-Afrikaanse regering het op 22 Junie alle regulasies teen Covid-19 laat vaar. Dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid, het onlangs aangekondig dat die Covid-19-gevalle en hospitaalopnames sedertdien afgeneem het.”

Volgens die paragraaf kan die afleiding gemaak word hulle moes dit al ‘n jaar terug gedoen het…

Manie ·

Die Suid-Afrikaanse regering het op 22 Junie alle regulasies teen Covid-19 laat vaar. Dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid, het onlangs aangekondig dat die Covid-19-gevalle en hospitaalopnames sedertdien afgeneem het. Volgens die stelling, wil dit voorkom asof Covid19 afneem sodra inperkings opgehef word?

MakersMark ·

Wys hoe goed dit gewerk het. Globale immuniteit teen ernstige siekte en sterqe agv cv19.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.