Ontvoerde nonne vrygelaat

Argieffoto (Foto: James Chan/Pixabay)

Vier Katolieke nonne is Dinsdag vrygelaat nadat hulle Sondag deur gewapende mans in Imo in Nigerië ontvoer is.

Michael Abattam, polisiewoordvoerder vir die Imo-staat, het aan AFP bevestig dat die nonne ongedeerd is, maar hy wou geen verdere inligting oor die betaling van ʼn losprys verklap nie.

Die polisie in Nigerië maak selde inligting oor losprysbetalings bekend.

Luidens ʼn berig deur Vatican News is die nonne, Johannes Nwodo, Christabel Echemazu, Liberata Mbamaly en Benita Agu, op pad na ʼn kerkdiens ontvoer.

Sr. Zita Ihedoro, sekretaris-generaal van die Sisters of Jesus the Saviour-kerk, waaraan die nonne behoort, het hul vrylating in ʼn verklaring verwelkom.

“Vandag is ʼn onvergeetlike dag. Ons waardeer en bedank elkeen vir hul gebede en ondersteuning gedurende hierdie moeilike tyd. Mag Jesus die verlosser, wat ons dien, elkeen seën, beskerm en aan elkeen in tye van nood voorsien,” het Ihedoro gesê.

Maroela Media het vroeër berig dat ontvoerings deur bendes gereeld voorkom in Afrika se digs bevolkte land, maar Christelike kerke is die afgelope paar weke al hoe meer geteiken. Die meeste gyselaars word ná ʼn losprys vrygelaat, maar sommige word vermoor.

CNN het Woensdag berig dat die nonne se ontvoering sowat drie maande ná die ontvoering van die hoof van Nigerië se Metodistekerk volg. Die man, Samuel Kanu, is skaars ʼn dag ná sy ontvoering vrygelaat nadat ʼn losprys van 100 miljoen naira glo aan die ontvoerders betaal is. Dit is ongeveer R4 miljoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Oosieoos ·

Nigerië is a vrot land met ons regering se ondersteuning

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.