‘Oppenheimer’ voor in die koor vir SAG-benoemings

v.l.n.r. Matt Damon, Emily Blunt, Cillian Murphy en Florence Pugh by die première van ‘Oppenheimer’ voordat hulle die geleentheid vroeg verlaat het. (Foto: Henry Nicholls/AFP)

Kort na sy oorwinnings by vanjaar se Golden Globes, het regisseur Christopher Nolan se lokettreffer, Oppenheimer, nog ʼn rits benoemings ingeoes by vanjaar se Screen Actors’ Guild (SAG)-toekenningsgeleentheid.

Meer as 120 000 lede van Hollywood se waarnemende akteursvakbond vereer SAG-wenners vir fliek- en televisierolle, en word beskou as ʼn belangrike voorloper vir die Oscar-toekennings.

Oppenheimer is vanjaar benoem in die kategorieë van beste akteur vir Cillian Murphy, beste manlike byspeler vir Robert Downey Jr., beste vrouebyspeler vir Emily Blunt sowel as beste uitstaande prestasie deur ʼn rolverdeling.

Barbie – die ander (pienk) helfte van verlede jaar se sogenaamde “Barbenheimer”-loketontploffing, se eie Barbie en Ken, Margot Robbie en Ryan Gosling, sowel as die algehele rolverdeling, het ook benoemings ingeoes.

Dié surrealistiese komedie gegrond op die wêreld se gewildste pop is ook benoem vir sy waaghalstoertjies.

Ander bekendes soos Bradley Cooper, Annette Bening, Emma Stone en Paul Giamatti sal onderskeidelik teen Murphy en Robbie meeding om die beeldjies vir beste akteur en aktrise.

Fflyn Edwards as prins Harry, Elizabeth Debicki as prinses Diana, en Rufus Kampa as prins William. (Foto: IMDb)

Lily Gladstone het ook ʼn SAG-benoeming vir haar rol in Killers of the Flower Moon losgeslaan, kort nadat sy by die Golden Globes geskiedenis gemaak het as die eerste aktrise van inheemse Amerikaanse herkoms om as beste aktrise aangewys te word.

Succession-akteurs Kieran Culkin, Sarah Snook, Brian Cox en Matthew Macfadyen is almal in die televisiekategorieë benoem. Beide Macfadyen en Culkin het die afgelope naweek Golden Globes-beeldjies huis toe geneem.

Australiese aktrise Elizabeth Debicki is ook benoem vir haar rol as prinses Diana in die laaste aflewering van die Netflix-treffer, The Crown.

Die SAG-toekennings sal vanjaar ook vir die eerste keer wêreldwyd op Netflix te sien wees – ʼn eerste vir Amerikaanse toekenningsgeleenthede wat dikwels op televisiekanale uitgesaai word.

Kyk na die volledige benoemingslys hier.

Bykomende bronne: The Hollywood Reporter, BBC.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gaitsigubib ·

Ek sien Jim Caviezel (akteur van Passion of the Christ) het niks ontvang vir sy nuwe film, Sound of Freedom. Weet iemand of dit iewers in SA vertoon is/was? Dit is teenstrydig met publike opinie want dis die film wat die meeste geld ingebring het. Die woke Hollywood elite is darm n klomp narre. Dis jammer dat hulle nie almal nog steeds staak nie!

sopbeen ·

Ek vermoed dit is omdat Angel Studios die vervaardiger daarvan is. The Chosen is net so fantasties en is ook by Angel Studios.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.