ʼn Foto van ʼn sokkerspeler van Australië wat ʼn kind se skoenveters vasmaak, versprei soos ʼn veldbrand op sosiale media.
Mark Bresciano voor Australië se wêreldbekerwedstryd teen Chili opgemerk die kind, wat met krukke langs hom geloop het, se skoenveters is los.
George Salpigtidis, ʼn fotograaf van News Ltd, het die oomblik raakgesien en dié foto versprei nou wêreldwyd op sosiale media.
“Ek het maar net gedoen wat enige ouer sou doen,” het Bresciano later gesê.
Chili het Australië geklop en Australië is verlede week Woensdag uit die wêreldbeker geskakel toe hulle die wedstryd teen Nederland verloor het.
Welldone Marc Bresciano! You are a true sportsman!
Welldone Marc Bresciano! You are a true sportsman!