Lewende plankton aan die buitekant van die Internasionale Ruimtestasie het, saam met twee ander onlangse ontdekkings, die kanse verhoog dat lewende organismes ook elders in ons sonnestelsel te vinde is.
Dié lewende plankton is ontdek nadat ondersoek ingestel is oor hoekom die ruite so vuil word.
‘n Hele ekosisteen van mikrobes wat in ‘n yskoue meer onder 800m ys in Antarktika gevind is en lewe in ‘n baie warm teerput is die ander twee ontdekkings wat kanse verhoog dat lewe elders in die sonnestelsel te vinde is.
Veral Jupiter se maan, Europa, waar ‘n oseaan onder ‘n yslaag ontdek is, is ‘n kandidaat vir lewe.
Maar die bewyse oor onder watter ekstreme toestande lewe op aarde kan oorleef, vereis nou ook dat besondere voorsorg getref moet word om te keer dat aardse organismes die ruimte ingeneem word, en elders in ‘n “oorlog van organismes” betrokke raak.
Bronne: Herald Sun, Mail Online, The Eastern Tribune, MiT Technology Review
Dit sal interessant wees om uit te vind hoe die DNS van hierdie mikrobes ooreenstem EN verskil met die DNS van plankton nader aan die aarde. Want dat kan ons `n aanduiding kry van hoe lank gelede die twee kolonies geskei het. Dalk kan dit nog lei tot ander teorieë – soos :
– plankton, en ander mikrobes, het dalk in die eerste plek nie lokaal ontstaan nie maar is in werklikheid aangekom as ‘pan spermia’ vanuit die buitenste ruimtes. In welke geval lewe self dan vanuit die donkerte aangekom het op aarde. En in daardie geval is daar lewe op ander plekke in die heelal.
– die komeet / komete wat die aarde getref het etlike miljoene en miljard jare gelede was die oorsaak van hierdie mikroob ‘uitwerping’.