Poetin roep 300 000 reserviste na Oekraïne op

Pres. Wladimir Poetin (Foto: Grigory SYSOYEV / SPUTNIK / AFP)

Pres. Wladimir Poetin van Rusland het Woensdag ʼn gedeeltelike mobilisering van dié land se weermag aangekondig. Sowat 300 000 reserviste sal nou na Oekraïne opgeroep word.

Poetin het Rusland se inwoners vroeg vanoggend in ʼn vooraf opgeneemde toespraak belowe om “alle beskikbare middele” in te span om Russiese grondgebied te beskerm.

“Wanneer die territoriale integriteit van ons land bedreig word, sal ons beslis al die middele tot ons beskikking gebruik om Rusland en ons mense te beskerm. Dit is nie ʼn leë dreigement nie,” het Poetin vanoggend gesê.

Dít volg nadat vier Russies besette streke van Oekraïne, waaronder Donetsk en Lugansk in die ooste en Cherson en Zaporizhzhia in die suide, Dinsdag skielik anneksasie-referendums aangekondig het.

Dít sal beteken dat daar nou selfs meer op die spel is en aan Rusland die vermoë bied om Oekraïense magte daarvan te beskuldig dat hulle hul eie grondgebied aanval. Oekraïne en die Weste het reeds dié referendums as ʼn klug bestempel en veroordeel.

‘n Advertensiebord bevorder kontrakweermagdiens in Sint Petersburg. Dié bord lees: “Om Rusland te dien is ‘n regte werk”. (Foto: Olga MALTSEVA / AFP)

Poetin het gevolglik in sy toespraak die Weste daarvan beskuldig dat hulle sy land probeer “vernietig” deur middel van hul steun aan Oekraïne.

Die Russiese president beskuldig die Weste daarvan dat hulle probeer om Rusland te “verswak, verdeel en uiteindelik te vernietig”. Sergei Shoigu, die Russiese minister van verdediging, het op sy beurt gesê Moskou “veg nie soseer met Oekraïne as met die kollektiewe Weste” in Oekraïne nie.

Oekraïense troepe het onlangs die beheer oor honderde dorpe in Oekraïne teruggeneem nadat dit maande lank deur Rusland beheer is.

Shoigu het vanoggend bekend gemaak dat 5 937 Russiese soldate al in Oekraïne dood is sedert Rusland die land in Februarie binnegeval het.

Die referendums volg ʼn patroon wat vir die eerste keer in 2014 gevestig is, toe Rusland die Krim-skiereiland van Oekraïne geannekseer het ná ʼn soortgelyke stemming.

Die jongste stemming sal van Vrydag af oor vyf dae geskied.

Volgens die VSA, Frankryk en Duitsland sal die internasionale gemeenskap egter nooit die resultate van die stemming erken nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

KatjieDeKat ·

Twee woorde: “Minsk Ooreenkoms.” Dit was nie die Russe wat daardie ooreenkoms gebreek het nie! Ek weet hier is Afrikaners wat nog steeds vanaf die grensoorlog n wroeging dra teen Rusland, en baie wat die hedendaagse Rusland nog verwar met die Sowjet-era Rusland. Maar as jy integriteit wil hê: Wees in Alles regverdig. Oekraine het hierdie oorlog begin deur hul af te vee aan die Minsk Ooreenkoms. Nou word hul gesteun deur Nato, Biden stuur gereeld miljarde, Rusland is alleen met hul rug teen die muur.

Anna-marie ·

Amerika en die EU het vir Oekraine voorgeskryf om nie die Minsk ooreenkoms na te kom nie. Amerika sit agter die gemors in Oekraiene.

Strandloper ·

“Minsk Ooreenkoms” of nie, dit regverdig nie sy optrede om voor die voet te moor en te verwoes nie! Hy lewe soos n koning terwyl jong kinders die duurste prys betaal. n Hond kry sy dag…

Haan ·

As ‘n man en ‘n vrou in ‘n kroeggeveg betrokke is, hou mens nie aan om vir die vrou asbakkies en stoele aan te gee nie… Die Weste en NAVO is uiters onverantwoordelik in hul aanhoudende wapenverskaffing aan die Oekraiene. Ek verstaan Poetin se reaksie heeltemal. Eintlik verbaas dat hy tot dusver nie infrastruktuur soos kragsentrales en damme begin aanval het nie.

Kees ·

Dit is hoogtyd dat die “internasionale” gemeenskap oor meer as net die VSA, Frankryk en Duitsland gaan

Martie Smartie ·

Dalk kan Cyrrill die hoofman word vd Weste en Zoempies kan aan die Ooste die kitaar slaan daar by die vuurpoel

Veldskoen ·

Poetin staan op vir sy mense. Net die blindes met die 3 inspuitings en die geel en blou Facebook prentjies glo nog in die Westerse media.

Anna-marie ·

Jy is reg, die Hoofstroommedia kan nie meer vertrou word nie.

marius ·

Hierdie is Rusland en Oekranie se probleem . Die res van die wereld moet hul lang neuse uithou anders gaan hulle bloei . Punt .

Thom ·

Al wie bloei is die arrme Russe wie geen ander media het as Poetin se gemors nie ___ julle ver-regse imbisiele moet maar vooortgaan om mekaar se ruggies te krap . Daar is nie n enkele westerse soldaat is Rusland nie . Poetin is teen die grond en sy ego is vir hom belangriker as die voortbestaan van diie mensdom ; gelukkig siien ook Indië en China al deur sy twak.

Republikein in die Wes Kaap ·

China en Indië sien ook deur Navo se twak.

piet ·

Lyk my Rusland sukkel maar om daai klein landjie onder te kry. Toe nie so magtig as wat hulle gedink het hulle is nie.

KatjieDeKat ·

Hy veg nie net teen die Oekraine nie. Hy veg teen die hele NATO en Amerika wat miljarde aan geld en wapens voorsien aan Oekraine en NATO lande. So aangesien die situasie is soos wat dit is, dien hy nie sleg nie. Dink aan n leeu wat homself moet beskerm teen n trop hiënas. En die hiënas word gedurig gevoer, die leeu nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Intussen kreun die Westerse ekonomië. Inflasie hardloop weg. Amerika is chronies diep in die skuld. Opstande is op hande.

Republikein in die Wes Kaap ·

Generaal Winter gaan binnekort inskop. Nog altyd Rusland se vetrouling.

VaalDonkie ·

Sorry, maar wie is hierdie “internasionale gemeenskap”? En hoe word mens deel?

Republikein in die Wes Kaap ·

Maklik, word woke, steun Biden, spoeg op Trump en jy is halfpad daar.

Kokerboom ·

Mense sterf en ly daar..dit is tragies. Ek dink mens moet jou maar weerhou van kommentaar as jy nie die werklike feite oor beskik en jy nie in die mense se skoene staan!

sydney ·

Miskien moet mense wyer lees om te verstaan wat aan die gang is. Bronne soos globalresearch.ca, unz.com en rt.com. Daar is talle ander. En kenners soos prof Mearsheimer en Scott Ritter. Rusland weet presies wat hom te doen staan en dis die VSA wat paniekerig raak. Tog so eienaardig, as die VSA Irak, Sirie en Afghanstan inval dan word hy geloof. Maar as Rusland sy territoriale integriteit wil beskerm, dan word hy gekruisig. Kom ons praat weer na die yskoue winter in Europa. Glo my, die wereld gaan baie anders lyk.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ek probeer deesdae om my kennis van China te verbreed. Wat nou in Oos Europa gebeur is eintlik ‘n vulletjie van wat verder oos kan uitspeel. Hou vas, dit gaan ‘n rowwe rit wees.

Thom ·

Antwoord my reguit sonder n klomp aangeplakte snert ; hoeveel vreemde soldate is in Rusland en hoeveel Russiese soldate is in sy buurlande ?

Republikein in die Wes Kaap ·

Antwoord eers die volgende vraag dan sê ek vir jou: Hoeveel Amerikaanse soldate is êrens in die buiteland geplaas en hoeveel vreemdes is op Amerikaanse grondgebied?

Skadu ·

IMHO moet ons versigtig wees om gevang te word met die illusie dat ons ‘n kant moet kies nie.

Dis eintlik twee kante van dieselfde muntstuk. Putin, net soos baie Westerse leiers, was een van Klaus Schwab se Young Global Leaders.

Hulle kap van weerskante aan dieselfde blok hout.

Waarnemer ·

En die enigste land wie ou poetin gaan bystaan is SA.Ons keiers is kop in een mus met die kommies.

Republikein in die Wes Kaap ·

Verkeerd, ou Ramkat het hierdie week baie lekker by Biden gekuier.

KB ·

Putin, stop vir jou van myne.
Julle, Rusland, wat presies dieselfde in Angola gedoen het (wat die Weste nou vir Ukraïne doen).
Soos Bheki Cele gesê het: “Sharraaaap”!

As Rusland net 5937 soldate sedert Februarie 2022 verloor het, eet ek my hoed op! Vir wat roep Putin nou 300000 reserviste op? Robbies man! (Jou verliese is baie groter, Putin. Jou eie mense begin rebelleer. Jy het probleme!).

annie ·

Biden het in gister in die VN die wêreld opgeroep om Rusland aan te vat, hoewel hy ook gesê het Rusland besig is om te onttrek uit die sg besette gebiede in darling Oekraïen met sy sweet martelaar, Zollyyy. Biden het inderwaarheid WW3 aangekondig so saam met sy belofte dat covid dood is. Putin se Rusland dra nou alleen die skuld vir die aarde se foute en probleme en sy land sal nou as pand vir die nagevolge geoffer moet word. Veral die gas- en olievelde, minerale en graan. Maar Biden smeek ook: Bly tog net weg van óns speelding, atoomwapens, anders is Rusland se weelde vir ewig ontoegangklik.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ek waarborg jou China wil nie Navo op sy agterstoep hê nie. Waneer China tot die geveg toetree gaan die bolle rol.

piet ·

Siener van Rensburg het voorspel dat China teen die Russe gaan veg in die 3de wereldoorlog. Volgens hom gaan China die Russe verras met vinnige, ligte gevegsvoeruie oor land. Die land wat dit egter gaan nag maak vir Rusland volgens Siener is Duitsland wat hulle met lasertegnologie gaan oorrompel. Rusland gaan wel ‘n paar kernbomme in die Noordsee gebied laat ontplof wat tot gevolg gaan he dat ‘n gedeelte van die VK oorstroom word. Die VSA gaan die spulletjie uiteindelik opruim soos na die 2de wereldoorlog. So dis interessant dat Amerika nie eintlik die grootste rolspeler in die oorlog sal wees nie siende dat China en Europese lande meer as opgewasse sal wees. Ek haal solank my popcorn uit.

Marthinus W ·

Die oorlog van 1914-1918 is tot met die 1930s die “Great War” genoem; die Russe noem dit die “Groot Imperiale Oorlog”. Die oorlog van 1939-1945 is tot die 1960’s die “Second Great War” in Engeland genoem, en is die “Groot Patriotiese Oorlog” in Rusland. Time magazine het begin praat van n “wereldoorlog”, en die Britse historikus AJP Veale het die oorloe “Europese Burgeroorlog 8a en 8b” genoem.

Rusland en China was in die verlede aanmekaar, maar, terwyl Amerika en Europa vandag oorlog praat, is Rusland en China besig om geld te maak; hulle teken een ekonomiese verdrag na die ander.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.