Pous Franciscus keer terug na Vatikaan ná operasie

Pope Franciskus in die St. Petrus-basiliek in die Vatikaan (April 2020) (Foto: AP Photo/pool/Alberto Pizzoli)

Pous Franciscus is Woensdag uit die hospitaal in Rome ontslaan nadat hy op 4 Julie ʼn operasie weens ʼn ontsteekte dikderm ondergaan het.

Die 84-jarige is uit die Gemelli-universiteitshospitaal ontslaan en is later opgemerk toe hy by sy tuiste in Vatikaanstad aangekom het.

Die pous is moes ’n geskeduleerde operasie ondergaan vir simptomatiese divertikulêre stenose van die dikderm.Dié toestand veroorsaak glo pynlike ontsteking van die divertikulum – ’n sak wat op die dikdermwande kan vorm en wat geneig is om met ouderdom te vererger.

Hy het op pad terug huis toe by die Basiliek van Santa Maria Maggiore stilgehou vir ʼn kort gebed “om sy dankbaarheid te betuig vir die suksesvolle operasie”, het Matteo Bruni, woordvoerder van die Vatikaan, in ʼn verklaring gesê. Die pous het ook by die sentrale kerk in Rome “vir almal wat siek is, gebid – veral vir diegene wat hy tydens sy verblyf in die hospitaal ontmoet het”.

Die Vatikaan het gesê die pous sal sowat ʼn week in die hospitaal deurbring, en die pous het Sondag die Angelus-gebed uit sy hospitaalvenster gelei.

Bruni het Maandag egter gesê die pous sal “nog ʼn paar dae langer bly”. Dit is nie dadelik duidelik of die pous se skedule dadelik na normaal sal terugkeer nie. Hy kon van sy werk by die hospitaal verrig, en het al sy mag as pous behou.

Pous Franciscus sal na verwagting later vanjaar na Hongarye en Slowakye reis en ook die COP26-klimaatskonferensie in November in Glasgow bywoon. Daar is glo ook ʼn reis wat na Griekeland beplan word.

Pous Franciscus het op 21-jarige ouderdom ’n deel van sy regterlong verloor. Hy sukkel ook met sy heup en ly aan iskias, ’n siektetoestand waar ’n pasiënt pyn van die lae rug, deur die heup en agterlyf tot in die been beleef.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Samuel ·

Ek hoop die pous sien die ware Lig voor hy sy kop neerlê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.