Prins Harry en Meghan Markle is getroud. Dié egpaar is kort na 13:00 (Suid-Afrikaanse tyd) in die eg verbind by die St. George-kapel in Windsor naby Londen.
Meghan, voortaan bekend as die hertogin van Sussex, het die juigende skare gaande gehad toe sy uit die motor klim wat haar tot by die kapel geneem het.
Volgens Kensington-paleis is haar eenvoudige en elegante spierwit trourok ontwerp en gemaak deur die bekende Britse ontwerper Clare Waight Keller.
Waight Keller is verlede jaar as die eerste vroue- kreatiewe hoof van die geskiedkundige modehuis Givenchy aangestel.
Terwyl Catherine op haar troudag met prins William in 2011 die Halo-tiara gedra het wat prins Philip voor koningin Elizabeth se inhuldiging vir haar gegee het, is Meghan se tiara die Filigree-tiara, wat koningin Elizabeth ook vir haar geleen het, berig Elle.com.
Die egpaar gaan 14:00 (Suid-Afrikaanse tyd) op ʼn koetsoptog deur die strate van Windsor, waar mense al van vroegdag in die strate saamdrom vir ʼn glimp van die pasgetroudes.
Ek volg die troue op tv. Sy lyk pragtig. Die trourok is n baie mooi snit.
Indrukwekkende kerk…
Haar rok is uiters teleurstellend.
Wat het jy verwag….n boobtube? Dit was uiters elegant en pragtig. So mooi.
Gelukkig moet SY van die rok hou en SY moet gemaklik voel en mooi voel. Dis net eenvoudige mense wat uitspattig wil wees.
Pragtige. Elegante rok!
Dit gaan mos oor persoonlike smaak. Solank sy van die rok hou, dis die belangrikste!!
Net so teleurstellend soos jou kommentaar. Ek wonder hoe jou trourok gelyk het.
Jong Alle SA bruide dra mos dieselfde outfit….. Daar Mag nie moue wees nie!!!! Al is die skouertjies rond en arm vleisies welig…. Klassieke style is n No! No!in SA…
Elke SA bruid dink haar rok is die ultimate!!! Maar check asb Al die bruide..
Same old same old… Hier en daar n twist…
Maar sjiek ????? Not n damn!!!!
Sy lyk pragtig. Sy lyk absolut elegant en die rok pas haar persoonlikheid.
Sy lyk baie mooi daar stem ek saam, maar vir iemand wat alreeds getroud was, is wit beslis nie die regte keuse nieen so ook nie ‘n sluier nie…
Pragtige troue. Ek stem saam Gerda.
Stunning rok eenvoud en elegant!
Pragtige Perde en stoet. Hou van die soldate se paraatheid en klere drag.
Stylvol en soos die spreekwoord se “less is more”.
Baie Dankie Maroelamedia vir die foto’s.
Ek is sommer baie suur. Ons TV is stukkend.
Die media sal seker oorheers word deur die paartjie en hul belange vir die volgende maand. Kan myself net indink wat die koste van die prag troue is (miljoene ponde) terwyl sovele miljoene mense daagliks sonder kos, werk, medies en behuising is.
Oom Kalahari, ek sê net. Indien oom die voorreg gehad het om die troue te volg, sou oom gehoor het, hulle het die locals ook genooi, die kos wat oorbly word geskenk aan Charities.
Prinse William en Harry get baie empatie met die wat niks het nie. Die wat siek is ensv.
Die Prinse en hulle vrouens is almal baie betrokke by welsyns organiesasies en minder bevoorregtes.
Hulle wou ook nie trou geskenke hê nie. Hulle het gevra, mense moet eerder iets aan die welsyns organiesasies skenk. As oom Kalahari kan, volg die dokumetêre programe oor Harry en dit wat hy alles doen.
Ja, die “whose who” was almal daar, maar van hulle help ook met charity.
Volgens n oorsee se nuus kanaal kos die troue 35 miljoen pond.
Die troue kos baie ponde. Soveel so dat hul brandweer en verpleegkundiges vir die laaste 5 jaar geen verhoging gehad het nie….
Die is ‘n burgelike en nie ‘n koninglik troue nie.
Wat is die rede.
Gewoonlike burgers was teenvoordig by troue
Die rok spreuk van klas en styl.
Ek stem, sy het pragtig gelyk rok baie stylvol en het haar pragtig gepas, stem net nie saam met wit nie, net maagde veronderstel om in wit te trou. Net my mening.
Annalien, indien net maagde in wit mag trou sal wit materiaal in onbruik verval.
Die rok wys sy het styl en is elegant. Eks mal daaroor.
Haar rok was eenvoudig asemrowend. In eenvoud lê styl. Ek was so bly sy het so stylvol gelyk. Sy het niks meer nodig nie want sy is pragtig vanself.
Haar rok, sy en hulle as paartjie is pragtig…die wat wil lelik wees is net jaloers ?
‘n Vollengte, outydse langmou verpleegster rok. Selfs Beatrice se hoed was boring. Net Camilla het weer ‘n uitgepluisde, dooie muisvoël op haar kop gehad. Om te dink hierdie mense het geld, dis nie asof hulle swaar trek nie.
Daarshy, Lena!
Jy het dit perfek bewoord.
Sy lyk pragtig. Die grimering is nie oordoen nie, net genoeg om haar natuurlikke skoonheid te beklemtoon. Frilletjies en valletjies is nie vir almal nie. Sy lyk gemaklik, haarself in elegante eenvoud. Niks mooier as natuurlikke skoonheid.
Die Queen lyk baie goed.
Ek ook 19 may ge troud van is al 7 jaar ge troud wil vir jul net se baie geluk mag daar nog baie wees hoop vir jul net beste toe
@ Marinda, ek waardeer jou skrywe en insette hierbo en vra onverskoning as ek dit verkeerdelik opgesom het. Ons ou pensioenarisse het mos nie die luukse op tv programme om te kan volg nie. Het na die foto’s op elke plasing deur MM gekyk en my eie opinie van ‘n hoe onkoste troue gevorm en waardeer opreg jou regstelling. Dankie Marinda as dit op so basis plaasgevind het.
Syt bai emooi gelyk en die rok was baie stylvol.