Prins Philip hospitaal toe as ʼn ‘voorsorgmaatreël’

Koningin Elizabeth en prins Philip (Junie 2020) (Foto: The Royal Family/Twitter)

Engeland se prins Philip (99), koningin Elizabeth II se man, is oornag in ʼn hospitaal in Londen opgeneem “as ʼn voorsorgmaatreël”, het Buckingham-paleis Woensdag gesê.

Die hertog van Edinburg is Dinsdagaand na die privaat King Edward VII-hospitaal geneem. “Dit is ʼn voorsorgmaatreël, op raad van sy Koninklike Hoogheid se dokter” ná die prins olik begin voel het.

Die paleis het benadruk dit hou nie met Covid-19 verwant nie. Hy is “in ʼn goeie luim” en het by die hospitaal ingestap. Hy het met privaat vervoer, en nie ʼn ambulans nie, by die hospitaal opgedaag, het ʼn bron aan AFP gesê.

Die prins (gebore op 10 Junie 1921) het op 2 Augustus 2017 amptelik uitgetree uit die openbare lewe nadat hy sedert 1952 as die koningin se gemaal altesaam 22 219 keer alleen by openbare geleenthede verskyn het. Philip en Elizabeth is op 20 November 1947 in die Westminster-abdy getroud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

KB ·

Korrekte Afrikaans:
“…dit hou nie VERBAND nie”, of
“…is nie VERWANT nie”

Sjoe mense.

NIE (MM):
“…dit hou nie VERWANT nie”

Hennie J ·

Sterkte en word gou gesond. Jy en jou clan is nou nie my en my boere clan se gunsteling nie, maar ek lig my hoed vir jou om so lank tussen die stiff upper lips uit te hou.

Anti-Verkramp ·

Blykbaar baie geliefd onder “gewone” Britte. Eksentriek en doen en se blykbaar nie altyd dinge volgens protokol nie. Kan nie maklik wees om vir al die jare so ‘n “proper” lewe te lei nie veral nie vir ‘n persoon met sy persoonlikheid nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.