Ötzi die ysman, wie se veryste oorblyfsels hoog in die Alpe gevind is, het 5 300 jaar gelede in die bronstydperk geleef. Sy oorskot en kleredrag is vanuit alle hoeke bestudeer, maar die oorsaak van dood het wetenskaplikes bly ontwyk.
’n Teorie dat hy dood is aan ’n oppervlakkige wond aan sy skouer wat deur ’n pyl met ʼn klippunt veroorsaak is, is nou bewys as nie die oorsaak van dood nie. Die wond kon nie meer as ’n koppie bloed opgelewer het nie. Letsels op sy skedel was ook nie dodelik nie, en is waarskynlik deur valle veroorsaak. Daar is intussen vasgestel hy het verkluim.
Die navorsing is deur prof. Frank Rühli, ’n antropoloog van die Universiteit van Zürich, gelei.
Intussen het navorsers ook vasgestel dat die vrou wat 1 100 jaar gelede in die Altai-berge in Mongolië gesterf het, dood is ná sy ernstige wonde aan haar gesigbene opgedoen het. Dit is onbekend of sy geval het of aangeval is.
Die vonds van haar erg verweerde mummie was opspraakwekkend weens die skoeisel wat sy aangehad het, en wat verbasend na ’n paar hedendaagse Adidas-skoene gelyk het. Noudat die skoene skoongemaak is en die kleure helderder vertoon, is die ooreenkomste met die Adidas-tekkies nog sterker.
Die vonds het ’n jaar gelede wêreldwyd opslae gemaak en heelwat samesweringsteorieë is afgestof en in die sosiale media gepubliseer.
Lees meer in Science News
Lees meer in Siberian Times
Gaan Adidas nou aangekla word van nabootsing? Hoop nie so nie.
Cherokee………..hoe trek my lagspiere nou.
Hopelik het die patent klaar verval.
So, ons weet nou Otzi is nie dood weens ‘n pyl in die skouer nie, ook nie weens ‘n harde hou op die kop nie…. So wat op aarde het dan sy dood veroorsaak? Seker maar ‘n vrou wat hom vergiftig het.
Jammer Adoons. Hy het verkluim. Die skakels na die oorspronkike artikels is darem verskaf wat heelwat meer inligting bevat. Herman
Die opskrif pas glad nie by die artikel nie.
die naaldwerk aan daardie skoene….en is die n gespe met eweredige gaatjie in die bandjie?
Ötzi is nou waaraan dood?? Die raaisel is nie opgelos nie!
Dagsê Elizabeth
Jammer vir die oorsig – hy het verkluim. Die berig is gewysig.
Vriendelike groete
Gaan google tog hierdie onderwerp. Hierdie is NIE die skoene wat die ysman gedra het nie…