Robert Mugabe het bedank as president van Zimbabwe.
Maroela Media het vroeër berig Zimbabwe se parlement het Dinsdag met die proses begin om Mugabe in ʼn staat van beskuldiging te plaas.
Jacob Mudenda, die speaker in Zimbabwe se parlement, het pas dié nuus van sy bedanking bekend gemaak.
Mudenda het vroeër gesê ʼn mosie om Mugabe in ‘n staat van beskuldiging te plaas is ontvang en dat die parlement se verrigtinge na die Internasionale Kovensiesentrum in Harare verskuif is om ʼn gesamentlike sitting te huisves. Die parlement is te klein om lede van die nasionale vergadering en die senaat te huisves.
Duisende mense het ook vroeër buite die parlement betoog en geëis dat Mugabe bedank.
Die parlementêre sitting kom nadat Mugabe nie gehoor gegee het aan Maandagmiddag se spertyd om te bedank nie. Mugabe en sy vrou, Grace, is Sondag van hul pligte in Zanu-PF, die regerende party in Zimbabwe, onthef.
Mugabe het nie Sondagaand soos verwag as president van dié land bedank tydens ʼn regstreekse uitsending op die openbare uitsaaier ZBC nie.
Hou Maroela Media dop vir meer.
Hoera vir Zim!Nou om Zuma uit te skop!
ditto
One down, one to go!!!
??
Geluk Maroela, julle bring goeie nuus voor julle mededingers (News24) kon.
Só kom alles ten einde.
Dankie tog…..one too go
Ek dink Zuma is nou ‘n baie bekommerde man. Hy kom nou agter dat die “onaantasbares” toe nie so onaantasbaar is as wat hy gedink het nie. Hy is volgende.
Presies
Nou volgende ZUMA…….
Nuwe Afrika begin!
Goeie jimmel nou na alles opgemors en vernietig is …wens dit was zuma !
Haleluja!!!!!
Ja wel nous daar NOG n massamoordenaar aan die bewind…gaan lees maar op oor ons nuwe buurman. Als behalwe wat mens van n staatshoof sou verwag.
Wat n goeie dag!!
Mag Afrika hier uit leer. Mag elke mens in Suid Afrika besef dat ons mekaar nodig het. Mag ons ophou roekeloos omgaan met vrede. Suid Afrika is nie op die morele vlak van Zimbabwe nie. Ons sal nie so n oorgang oorleef nie. Ons is geestelik te arm . God seen Suid Afrika se mense met liefde en breek die band van trots.
so tussen al die gejuig deur dat Mugabe bedank het, moet almal net in gedagte hou dat sy opvolger hom OOK oor die afgelope 37 jaar lekker uit Zimbabwe verryk het. Hy het ook lekker meegedoen aan vervolging van opposisie-ondersteuners – vervolging wat selfs moord ingesluit het. Mark my words, oor minder as 6 maande sal dit duidelik wees dat hy maar net nog ‘n Mugabe-styl president is.
Stem saam
Wonderlik! Hoop hulle vat nou saam en krydie plek reg,
Al waarvoor ek hoop is dat al die wat onder die draad deur gekruip het hul pad vinnig terug sal vind en shame wie gaan nou die twee spoil brats sponser seker die zumpas met ons tax geld
Baie goeie nuus…maar…ek voorspel onrus in Zimbabwe
Stadig maar seker sal zuma se lot dieselfde as mugabe sn word. Die burgery MOET nou net die druk volhou. Ek hoop sommige anc lede se oë sal oopgaan en besef dat mugabe en zuma voëlsvan eenderse vere is. Zuma moet val, hy het ons land te veel skade berokken. Pressure, pressure deur die burgery.
Sal graag wil hoor hoeveel miljoene hy gekry het om te gaan.
Dit was die eerbaarste ding wat Mugabe nog ooit gedoen het. Want deur sy bedanking gee hy die vryheid van sy volk aan hulle terug sodat hulle kan begin met die opbou van een van Afrika se mooiste lande.
Vir die eerste keer kan ek se: Bob, ek saluut jou!
“When I shall tread upon the tyrant’s head,
Or wear on my sword, yet my poor country
Shall have more vices than it had before,
More suffer and more sundry ways than ever,
By him that shall succed.
Shakespeare in Macbeth 4012 jaar gelede.
Is die Engelse taal dan meer as 4000 jaar oud?
Ek is baie bly vir Zim. Hulle het weer hoop. Ek hoop met verkiesing sal regte mense gekies word. Ons almal weet dat Zimbabwers goed kan werk. SA se bevolking kan met 4 miljoen plus val binne die volgende weke. Die 30 000 blankes wat nog daar oor is sal met ñ traan in die oog bly wees. Alles verloor, nuwe ou is van dieselfde lap as Robert. Teminste het hul in hul leeftyd gesien hoe die fosiel val. Bid vir almal in Zim. Geniet jul hoop. Ons in SA is jaloers op jul nuwe begin.
Zuma se groot fout gaan wees om vir Robert en Grace blyplek te gee .
ag siestog ons voel niks vir jou Robert
jy haat die wit mense so het altyd iets sleg te sê gehad
kry vir jou die SA nasie voel minder as hoender vere!
hoera! vir Afrika
EK KON NIE WAG vir die dag dat ek jou sien val nie Robert Mugabe. Jy versinnebeeld vir my alles wat ‘n President van ‘n land NIE moet wees nie. ‘n President wat gewild geraak het vir sy HAAT vir ander, wat sy hele presidensie net op een ding geskoei het en dis sy haat vir die blanke,die afneem van al hulle bates sonder vergoeding, die vernietiging van alles wat opgebou is, sy aanhitsing tot geweld op blankes, sy enigste doel in die lewe was om blankes uit te wis en weg te jaag en te kritiseer en verneder. TOG het hy die wittes se geld gevat, en vat nogsteeds geld van Brittanje. Nou wil hy kom aftree in SA waar nog net ‘n handjievol wittes is,hoekom tree jy nie af in jou UTOPIA waar net swartmense is nie? Jy sal onthou word vir jou RASSISME en DIKTATORSKAP. JA dit het van jou ‘n held gemaak onder jou mense, wat almal nou sonder werk sit … terwyl jy en jou familie in weelde swem. Gelukkig hou niks vir ewig nie. Maar ek wou jou sien VAL, ek wou nie he jy moet in die stoel as ‘n HELD aftree nie. From HERO to ZERO!! JY is niks, ‘n nul op ‘n kontrak ..