Rusland teiken Oekraïense militêre opleidingsbasis

ʼn Russiese lugaanval Sondagoggend op ʼn militêre opleidingsbasis in die weste van Oekraïne het minstens 35 mense dood en minstens 134 gewond gelaat. (Foto:
UkraineWorld, Twitter)

ʼn Russiese lugaanval Sondagoggend op ʼn militêre opleidingsbasis in die weste van Oekraïne het minstens 35 mense dood en minstens 134 gewond gelaat.

Russiese magte het meer as 30 missiele uit die lug afgevuur en die sentrum vir internasionale bewaring van vrede en veiligheid in die Lwif-streek getref. Hierdie sentrum was gebruik as ʼn opleidingsentrum vir Oekraïense magte met buitelandse instrukteurs, insluitend van die Verenigde State en Kanada.

Die aanval het die oorlog tot binne 25 km van die grens met Pole gebring nadat ʼn senior Russiese diplomaat gewaarsku het dat Moskou buitelandse verskepings van militêre toerusting na Oekraïne as “wettige teikens” beskou.

Brande by die basis is amper ten volle geblus en vuurwerkkundiges het die puin ondersoek.

Volgens die Oekraïense owerhede is dit nog nie duidelik of daar enige buitelandse instrukteurs in die basis was ten tyde van die aanval nie. Buitelandse troepe het die Oekraïne verlaat kort voordat Rusland op 24 Februarie ʼn inval in Oekraïne geloods het.

 

Die VSA het onder meer gesê dat hy altesaam 150 van sy instrukteurs aan die land onttrek het.

Washington het Saterdag R3 miljard ($200 miljoen) se bykomende militêre toerusting vir Oekraïne gemagtig.

Rusland het dieselfde dag gewaarsku dat sy troepe voorrade van Westerse wapens aan Oekraïne kan teiken.

 

In ʼn aparte voorval het die burgemeester van die stad Ivano-Frankivsk, in die weste van Oekraïne, gesê die stad se lughawe is ook aangeval.

“Ons het vanoggend in Frankivsk opgestaan met die geluid van ontploffings. Dit is reeds die derde aanval op Frankivsk. Hulle het die lughawe getref,” het burgemeester, Ruslan Martsinkiv, op Facebook gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Chef ·

Ons moet kennis neem van die ICBM aanval deur Iran op die Amerikaanse Ambasade in Erbil, Irak

Treurwilger ·

“Sentrum vir Internasionale Bewaring van Vrede en Veiligheid”, beman deur Amerikaners, Kanadese en ander buitelandse magte wat dit gebruik het as opleidingsentrum vir die Oekraiënse weermag.
Die ironie skrei ten hemele.
Kan Rusland kwalik geneem word dat dit as uittarting beskou is?
NAVO se boeke is werklik duister om te lees, en planne ontplof tans lelik in gesigte.
Wat ‘n onnodige tragedie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.