‘See van Galilea’ weer ná jare vol

Die Meer van Gennesaret (Foto: de:Benutzer:Datafox via Wikimedia Commons)

Die Meer van Gennesaret/Tiberias, ook algemeen bekend as die See van Galilea, is ná jare weer vol danksy swaar reën in die gebied, het beamptes in Israel Vrydag gesê.

Die meer se vlak is tans op 208,9 m onder seevlak, net 10 cm laer as ʼn vorige rekordhoogte. Die streek het in 2017 onder erge droogte gebuk gegaan en die vlak was in daardie stadium 214 m onder seevlak.

Die Meer van Gennesaret is die laagste varswatermeer en die tweede laagste meer ter wêreld. Dit is ook Israel se belangrikste bron van water.

Pelgrims besoek graag die meer wat ʼn prominente rol speel in die Bybel. Jesus het verskeie wonderwerke hier uitgevoer, waaronder om op water te loop en ʼn skare te voed met slegs vyf brode en twee visse.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

JM ·

Kosbaar om die meer te kan sien waar Jesus gewandel en ook wonderwerke gedoen het!

Adam Adriaan ·

Wys net Jesus kyk na alles. Ons hoef oor niks bekommerd te wees nie

OW ·

Interessant om te weet is dat die Dooie See wat suid van die See van Galilea geleë is,die laagste punt op aarde is.

Johan ·

Ons is geseënd om daar te kon wees. Die Petrusvis geëet en toe op ‘n bootvaart op die see gegaan. Onbeskryflik watse emosionele belewenis dit was. Net die gedagte dat dit was waar Jesus in lewende lywe met mense omgegaan het. Dit was asof daar ‘iets’ in die lug was.

Blomme ·

Sowaar.. Dit was ook vir my ń fantasies spirituele ervaring

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.