Ses dood in Australië-skietery

Konstabels Matthew Arnold en Rachel McCrow (Foto: Queensland-polisie)

Ses mense, onder wie twee polisiebeamptes, is tydens ’n skietgeveg in die Australiese deelstaat Queensland dood.

Polisiebeamptes is Maandagmiddag na ’n eiendom in die klein dorpie Wieambilla, sowat 270 km wes van Brisbane, ontbied as deel van ’n ondersoek na ʼn vermiste persoon.

“Daar is op hulle losgebrand die oomblik toe hulle die eiendom betree het. Hulle het nie ’n kans gehad nie,” het Ian Leavers, president van die Queensland-polisievakbond, gesê. “Twee van die polisiebeamptes is koelbloedig tereggestel.”

Die twee konstabels is as die 26-jarige Rachel McCrow en die 29-jarige Matthew Arnold geïdentifiseer. Nog twee polisiebeamptes het die aanval oorleef.

ʼn Spesialispolisiespan is hierna na die toneel ontbied en na ʼn ure lange beleg is twee manlike verdagtes en ʼn vroueverdagte doodgeskiet. ʼn 58-jarige man, glo ʼn buurman, is ook doodgeskiet toe hy glo ondersoek na die rumoer ingestel het.

Die polisie het nie die identiteit van die verdagtes wat doodgeskiet is, bekend gemaak nie. The Australian berig die oorledenes is ʼn onderwyser, sy broer en die se vrou.

Daar word vermoed dat polisiebeamptes in ʼn lokval gelei is, maar die presiese rede hiervoor is steeds onbekend.

Australië het van die strengste vuurwapenwette in die wêreld ná ʼn massaskietery in 1996 in Port Arthur in die suidelike staat Tasmanië. ʼn Enkele man het in dié voorval 35 mense doodgeskiet. Massaskietvoorvalle is sedert die Port Arthur-slagting relatief seldsaam in Australië.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Harley Davidson ·

Wat n algemene ding in Suid-Afrika is, is groot nuus in Australië.

Pierre ·

Die tipe nuus in SA sal jy kry net na die classifieds so algemeen is dit

Anonymouse ·

Wat Harley eintlik se is dat die twee se dood niks is nie, want hier in SA is dit baie erger.

Johan ·

Dit is soveel mense as wat elke 2ure hier vermoor word… Ek sal wel nie daar gaan bly nie, daar is geen vryheid nie, kyk nou weer, lockdown omdat daar n skietery is en “die strengste wapen wette”. Australië is maar n tronk.

Pieter ·

Jy is reg, verskriklik dat hulle sulke streng wette het. Teen 3 Januarie 2021 is daar reeds meer mense in Suid Afrika vermoor, as wat daar in die hele 2021 in Australië vermoor is. Vreeslik om te dink mense lewe in ‘n land waar hulle lewens iets werd is

LIEZL ·

Ek sal eerder in ‘n ‘tronk’ bly as om elke dag te vrees vir jou lewe. Maar gelukkig met die genade van ons Vader kom ons darem nog deur elke dag

Althes ·

Die gras lyk altyd beter aan die ander kant. Daar is geen waarborg dat jy veiliger is op n ander plek nie. Ek weet van ñ jong Suid-Afrikaanse meisie wat jare terug in Amerika dood is deur n insekbyt. Hulle was in die natuur.

duiweboer ·

In Australia is dit n tragedie as twee polisie lede dood geskiet is. Vlae hang half-mas en die Australianse publiek rou. In Suid Afrika word gemiddeld 36 burgers n dag vermoor en Jy hoor niks van dit nie. Lewe gaan aan. Ons land is n regte piesang republiek.

LIEZL ·

Twee te veel. Dis hoekom dit juis hier so gaan. Geen wet en orde nie

piet ·

70 ‘n dag nie, 36 nie. Ons hoor net van plaasmoorde (so 1 ‘n week).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.