Sinkgat in swembad ‘sluk’ swemmer in

‘n Skermgreep van die video.

’n Israeliese egpaar word van nalatigheid verdink nadat ’n swemmer onlangs in ’n sinkgat in ’n swembad op die egpaar se eiendom verdwyn het. Dié tragiese voorval het die lewe van Klil Kimhi (32) geëis nadat hy by die sinkgat ingetrek is.

Kimhi is meer as ’n week gelede dood gevind nadat ’n sinkgat van 13 m in ’n ingeboude swembad by ’n private woning ure vantevore oopgegaan het.

The Times of Israel berig die voorval het plaasgevind tydens ’n swempartytjie vir werknemers van ’n private maatskappy in die dorp Karmei Yosef, sowat ’n uur van Tel Aviv.

Een van die partytjiegangers sê daar was ongeveer 50 mense by die partytjie toe die sinkgat oopgaan. Slegs ses van die partytjiegangers was egter in die water.

“Die watervlak het skielik begin daal en ’n gat het oopgegaan, wat ’n draaikolk geskep en twee mense na binne getrek het,” vertel die partytjieganger.

Daar kan in ’n video van die voorval op sosiale media gesien word hoe die sinkgat al die water en dán ook al die swembadspeelgoed insuig terwyl partytjiegangers verdwaas toekyk. Een swemmer beland byna in die sinkgat voordat ander swemmers na hom gryp.

Daar kan nie in die video gesien word hoe Kimhi in die sinkgat verdwyn nie.

Hebreeuse media berig partytjies word glo gereeld by dié huis gehou. Dít ten spyte daarvan dat die eienaars van die huis, albei in hul 60’s, nie om die nodige permit aansoek gedoen het voordat die swembad gebou is nie.

Sou die eienaars wel aansoek gedoen het, sou dit waarskynlik nie goedgekeur kon word weens infrastruktuurprobleme op die erf nie.

Die egpaar is sedert die voorval in hegtenis geneem voordat hulle vir vyf dae in huisarres geplaas is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Anna84 ·

Dit lyk nie of dit die ander mense juis gepla het nie. Almal sit rustig en kuier verder…??

Niklaas ·

Heel ongeërg is die houding van die ander gaste. Dalk besef hul nie mense is ingetrek nie. So ‘n lot moet mooi tog nie tref nie , daai man se dood is verskriklik.

Pierre ·

Frats ongeluk daar is geen manier dat die eienaars dit kon insien nie

OU SAAR ·

As hy die regte prosedure gevolg het, en die nodige permitte (probeer) bekom het, kon die “frats ongeluk” vermy gewees het…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.