Sirkusleeu val temmer tydens vertoning aan

‘n Skermgreep van ‘n video van die voorval. (Video: East2West)

’n Russiese sirkus se leeutemmer is na ’n hospitaal in Rusland geneem nadat ’n leeuwyfie hom gedurende ’n vertoning ten aanskoue van ’n verbouereerde gehoor aangeval het.

Die leeuwyfie genaamd Vega het die temmer Maxim Orlov twee keer gedurende die vertoning bestorm en platgetrek, terwyl kinders en ouers toegekyk het.

Mense het uit die sirkustent gehardloop terwyl ’n swanger vrou in die gehoor glo ’n epileptiese aanval gekry het weens skok, berig The Daily Mail.

Daar kan in ’n video van die voorval gesien word hoe Orlov elke keer weer op sy voete kom, voordat hy en ander sirkuspersoneel Vega met pale afweer. Orlov het gedurende die voorval beserings aan sy arms en bene opgedoen en is na ’n hospitaal in Moshkovo in die Novosibirsk-streek geneem vir mediese behandeling.

“Die leeuwyfie het berserk geraak,” het ’n ooggetuie ná die aanval gesê.

Orlov het intussen vanuit die hospitaal gesê voorvalle van dié aard is baie seldsaam, “maar diere is diere”.

“Vega is vyf jaar oud en is van kleins af ​​eiesinnig.”

Volgens Orlov sal dié leeuwyfie nie weer gedurende ’n vertoning gebruik word nie. “Ons sal met die dieretuine onderhandel om haar vir ’n klein leeuwelpie te verruil.”

Luidens The Daily Mail se berig word opnuut weer ’n beroep op die Russiese regering gedoen om die gebruik van lewende diere in sirkusse te verbied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Annatjie ·

Leeus hou nie van “orders” nie en die leeutemmers is maar vol nonsens. As ek ‘n leeu was sou ek ook die ou bietjie reggesien het

Patch ·

Die sirkus moet GEEN welpie in haar plek kry nie. Dis nie die plek vir ‘n leeu nie!!! Sy moes hom seerder gemaak het sodat hy eerder nooit weer met ‘n leeu wil toertjies doen nie. Dit maak my briesend!

Carina ·

Patch, wie ookal vir jou ‘n afduim gegee het moet sy kop laat lees! Ek stem 1000% saam. GEEN diere hoort in ‘n sirkus nie, veral nie wilde diere nie. Ons wees almal hoe sleg hulle behandel word, die nuus is vol van diere wat uit sirkusse en dieretuine gered word. Hulle moet sommer alle sirkusse verbied wat enigsins diere gebruik.

Snowball ·

‘Eiesinnig’? Dis ‘n wilde dier, nie geskape vir jou vermaak of om toertjies uit te voer nie. Skandalig dat diere nog so mooraak en uitgebuit word.

isabelle ·

hierdie mense het beslis n talent om met diere te werk en diere te leer
Alhoewel ek voel n wilde dier sal maar altyd wild in hulle he

en so baie keer gesien diere word goed gevoeter indien hulle nie doen wat geleer word nie
hmmm sal nou nie weet van die leeu nie

Elmarie ·

Ja Orlov, in jou eie woorde: “..diere is diere” en in my woorde hoort in die bos NIE in ‘n sirkus nie. Die goed word geslaan en verhonger sodat hul moet maak soos hul “geleer” word. Sirkusse is ‘n onding, die enigste een wat saakmaak en kan bestaan wat my betref is Cirque du Soleil wat slegs mense het wat optree.

Karina ·

Hoe was die leeu behandel? Goed? Of het sy besluit nou neem sy wraak! Nee wat, geen sirkus mag meer diere aanhou nie. Hulle behoort in die wild.

quartus ·

maar net weereens n bewys dat daar nie so ding soos n ” mak ” leeu bestaan nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.