Skrikwekkende daling in inenting van kinders ‘kommerwekkend’

(Argieffoto: GCIS)

Kommer heers oor die grootste volgehoue ​​daling in kinderinentings wat in drie dekades aangeteken is.

Luidens amptelike data wat Donderdag deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) en Unicef beskikbaar gestel is, het die persentasie kinders wat drie dosisse van die entstof teen witseerkeel, tetanus en pertussis (DTP) ontvang het, tussen 2019 en 2021 met vyf persentasiepunte gedaal tot 81%.

Hierdie entstof word wêreldwyd as ’n merker vir immuniseringsdekking gebruik.

Catherine Russell, Unicef se uitvoerende direkteur, het gesê die daling “is ’n groot waarskuwing vir kindergesondheid”.

“Ons is getuie van die grootste volgehoue ​​daling in kinderimmunisering in ’n generasie. Die gevolge sal in lewens gemeet word,” het sy gesê.

Sowat 25 miljoen kinders het een of meer dosisse DTP in 2021 misgeloop, twee miljoen meer as dié wat dit in 2020 misgeloop het en ses miljoen meer as in 2019, wat ’n groeiende aantal kinders in gevaar stel van voorkombare siektes.

Die daling is toegeskryf aan veelvuldige faktore, onder andere ’n groter aantal kinders wat in konfliksones woon, toenemende verkeerde inligting en diens- en voorsieningsonderbrekings van die Covid-19-pandemie, en inperkings wat uitreikveldtogte beperk het.

Die pandemie “het ouers en gesinne gedwing om te kies tussen kos op die tafel sit en om hul kinders te laat inent,” sê Kate O’Brien, direkteur van die WGO se departement van immunisering, entstowwe en biologiese middels.

Van die 25 miljoen het 18 miljoen nie ’n enkele dosis DTP gedurende 2021 ontvang nie, “van wie die oorgrote meerderheid in laeinkomste- en middelinkomstelande woon,” sê die WGO en Unicef.

Ethiopië, Indië, Indonesië, Nigerië en die Filippyne het die hoogste aantal kinders wat nie ’n enkele dosis ontvang het nie, aangeteken.

Daar is reg oor die wêreld ’n kwart van die beskerming van menslike papillomavirus HPV-entstowwe wat in 2019 behaal is, verlore, ’n slag in die stryd teen servikale kankers.

Slegs 12% van meisies word ten volle beskerm, ten spyte van die eerste entstowwe wat meer as 15 jaar gelede gelisensieer is.

Waarnemers het gehoop dat 2021 ’n jaar van herstel sou wees ná die inperkings van 2020 – maar in plaas daarvan was dit die slegste jaar vir DTP-dekking sedert 2008 en het gekom teen ’n agtergrond van stygende koerse van ernstige akute wanvoeding.

“Die konvergensie van ’n hongerkrisis met ’n groeiende immuniseringsgaping dreig om die toestande te skep vir ’n kinderoorlewingskrisis,” sê die WGO en Unicef.

Die eerste entstofdosis teen masels het in 2021 tot 81% gedaal, ook die laagste vlak sedert 2008.

Afnames is in elke streek gesien, alhoewel sommige lande, onder meer Pakistan en Uganda, die negatiewe neiging afgeweer het.

Die wêreldorganisasies het ’n beroep op lande gedoen om hul inentingspogings te verskerp. Die gedetailleerde datastelle kan verkry word op die Unicef- en WGO-webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

VaalDonkie ·

Hey, ou Lanfear steek sy kop uit hier by Maroela. Lanklaas van jou gehoor ou bul.

Moereloosverby ·

Nie om die pot te roer nie…maar dalk as gevolg van die groot ophef oor die Covid-19 inentings ‘n vuisvoos-inenting-wêreld? In meer onsekere terme…mens is g*tvol.

Lanfear ·

Wel, die anti-vaxxer mense het jare voor Covid al begin, masr ek dink jy is reg. Mense is nou sommer teen all entstowwe lyk my.

piet ·

Eerder as gevolg van die inhok sou ek se. Covid het beslis ‘n invloed gehad deurdat mense se vryheid van beweging ingeperk is. Mense het bloot nie die geleenthied gehad om hul kinders te laat inent nie.

Henry ·

Gaan die mense nie oorboord met al die inentings nie. Ek was slegs teen pokke ingeent.

Lanfear ·

Wil jy hê ons moet terug gaan na die dae wat mense, veral kinders, links en regs dood gegaan het aan enige en alle siektes? Siektes wat vandag verhoed kan word.

VaalDonkie ·

Ek dink ook so. Pokke is ‘n uitsondering want dis werklik ‘n rowwe een. Maar masels en pampoentjies is nie so erg as die kind gesond is en genoeg voeding kry nie. Dis natuurlik anders as die arme kind van pap en suiker moet oorleef. Maar dan moet daar nie een benadering vir almal wees nie. Ons is nie skape nie.

piet ·

Ek sien hier is afduimpies hieroor. Het die skoolwette verander? Sekere inentings was verpligtend gedurende Apartheid, so ver ek weet. Die tannies het ook sommer die kinders kom ondersoek sonder die ouers se toestemming, dit het maar net gebeur. Ek praat darem nou van 40 jaar plus terug.

KatjieDeKat ·

Ek het die kinderinentings van 1965 gekry, my kinders het ook die baba/kleuter inentings gehad. Dis waar dit behoort te stop, behalwe vir inspuitings teen tetanus deur jou lewe, soos as n dier jou sou byt, byv. Nou sien ek in Amerika, gee hulle Baie meer, een vrou het gese met al die “boosters “vir die normale kinderinentings, trek dit al by 40. That can’t be good, or necessary, surely.

VaalDonkie ·

Ja mens moet mooi dink voordat jy sommer aan een of anderkant van die argument loop staan. Want die meeste argumente kom uit Amerika waar dinge heel anders daarna uitsien. Daai plek het die aardigste wette en ordinansies.

Johan ·

Dalk is dit hoekom mense links en regs van kanker doodgaan, 40jaar+ na hul ingeënt is…hoe sal ons weet. Medici is so onbevoeg, glo nie maklik alles wat hul kwytraak nie.

Miskruier ·

Ek weet van baie, hul makeer niks die laaste 50 jaar.Hul het ook die die laaste soort ontvang nie. Hul glo in God se voorsiening, hul immuunstelsel.

kaplyn ·

Pasop, God laat hom nie versoek nie. Dan kan jy maar van ‘n gebou afspring en se dat God sal voorsien. Weer ‘n keer Pasop!

Nommer 7 ·

Madeleine, hoe het u dit dan reg gekry om skooltoelating vir u kinders te kry? Dit is ongewoon.

Madeleine ·

Dalk moet ek nie hierdie vraag in openbaar antwoord maar hul is nie meer so streng by skole nie.
Agv Baie ouers wat teen dit is.
My kids is in public schools.

kaplyn ·

Hmm ja, kids en public schools verklaar alles. Gaan maar voort.

Madeleine ·

Jys reg… Maar ons het nou die mense agter die grond wet beter Leer Ken.
Mens moet vrae begin vra…

piet ·

Ek vra dit want ek dink dit was verpligtend onder die destydse Skole Wet. Die tannies het net gekom en ge-zap, ons is ook medies ondersoek op laerskool.

Anel ·

Dalk is dit mense wat bang is dat die kinders nie ingeent word vir dit waarvoor hulle gaan nie maar teen die virus 19? Ek het gedink hierdie entings is gratis by klinieke?

Lanfear ·

Dit is in werklikheid nie waar nie. Daar is genoeg resources in die wêreld vir almal. Dit is die verspreiding van resources wat die probleem is. Goeie gebooete beperkings is natuurlik nodig, maar om nie in te ent nie is definitief nie die manier om dit te doen nie.

VaalDonkie ·

Onthou, ons is gese ons moet tuis bly en ons mag nie hospitaal toe gaan onder enige omstandighede nie. En in elk geval is daar ‘n beduidende afname in vertroue. Waarom moet kleuters ‘n entstof kry wat keer dat hulle ‘n seksueel-oordraagbare siekte kry? Waarom moet kinders ‘n entstof kry teen siektes wat met ‘n gesonde dieet geen probleem vir hulle sou wees nie? Waarom moet mens entstowwe vat van ‘n organisasie wat reken daar is te veel mense op aarde?

My kind is ten volle inge-ent, maar as sy in 2021 gebore was, sou ons sommetjies heel anders daarna uitgesien het.

KatjieDeKat ·

Presies! Ek sou n betroubare dokter gevra het om my kinders NET teen Pokke en Polio in te ent. Ek is sekerlik as baba/ kind teen masels inge-ent maar het dit tog gekry. Nie lekker nie maar ook nou nie so erg nie.

VaalDonkie ·

Ek stem nie saam met die eerste deel nie, maar wel met die tweede.

piet ·

God het beveel die mens moet vermeerder op die aarde. Daar’s geen aanduiding dat daar ‘n afsnypunt moet wees nie. Geboortebeperkings kan gesien word as on-Bybels en teen die wil van God in my opinie.

De Villiers ·

My kinders het al die tradisionele inetings gekry, maar ek dink die afname het baie te doen met die afgelope 2jaar se C19 fiasko!

marius ·

Hierdie twak is verby . Gaan kry iets anders om mense die skrk op die lyf te jaag . Ploerte .

otter ·

Dit is skrikwekkend hoeveel ouers hulle kinder met die gemors laat inspuit !

KatjieDeKat ·

Ja maar onthou die inentings wat ons as kinders gekry het, en ons kinders laat kry het, was betroubare tydbeproefde inentings. Nie hoogs eksperimentele mRNA konkoksies nie.

piet ·

Is dit nou die hoog eksperimentele konkoksies wat al aan miljarde toegedien is oor 3 jaar se tyd? En wat van toe daai “tydbeproefde” inentings vir die eerste keer bekendgestel is, hoe lank dink jy was dit voor iemand ingeent was? Ek weet met die ontdekking van penicillin is dit omtrent onmiddellik gebruik want dit kon onmiddellik lewens red. Dus nie juis nie veel van trial and error daar gewees nie. So terloops – was vanoggend by Clicks and daar sit nog mense wat vir Covid ingeent word.

Johan ·

Ja Piet…en hoeveel mense sterf aan kanker sonder dat ons weet waar dit werklik vandaan kom. Net nie nou probeer sê daar is geen verband nie, vir hoeveel jaar ent ons links en regs in teen wat ookal verkoop, ons weet eenvoudig nie of dit kanker veroorsaak op die langtermyn nie. En jy weet ook nie, so los maar die gekerm. Dit is boos om mense teen hul wil in te ent.

piet ·

Inenting het niks met kanker te doen nie. Kanker is so oud soos die berge, eerste gedokumenteerde geval reeds meer as 3000 jaar gelede. Niemand word tans teen hul wil ingeent nie (dit teenoor inentings wat verpligtend was gedurende Apartheids-jare, wil of te nie). Sou jy toe ook so gemoan het oor inentings?

KatjieDeKat ·

Nou maar laat hulle hulself maar laat inent, Piet. Vrye Wil. Oor die tydbeproefde inentings, kan ek persoonlik getuig, soos honderde miljoene, miskien biljoene ander oor die jare, dat dit ons geen skade aangedoen het nie. As jy wyd lees op die internet, internasionale forums waar gewone mense praat, sal jy sien dat dit ongelukkig nie die geval is met die mRNA inspuiting nie. Tallose mense het self ervaar, of het familie en vriende, wie se gesondheid baie sleg geword het na die anti-Covid inspuiting. Soveel mense het familie lede en vriende wat gesterf het van hartaanvalle en beroertes, na hul anti-Covid inspuiting. En nee, ek gaan dit nie n vaksiene noem nie want dit keer nie dat jy Covid kry nie. Ek lees van talle mense wat die inspuiting gekry het, of familie en vriende het wat dit gekry het, en weer en weer en nogmaals Covid kry. Elke keer voel hul sieker as die vorige keer. Dus, in baie gevalle help dit nie eens om simptome te verlig nie. Nee wat, ek hou verby.

Frank John ·

Daar was as kinders sekere inentings wat verpligtend was wêreld wyd. Ons het dit almal gekry.
Weet van vrou wat as kind in UK nie teen polio ge-ent was nie en in haar ou dae is sy baie siek.

Papsak ·

Jy kry niks verniet of gratis in SA nie alles draai om geld glo my ja mense g* t vol want ent word in jou keel af gedruk daarom ent hulle nie meer hulle kids nie

Gaitsigubib ·

Die wantroue wat tans heers teen inentings is veroorsaak deur die WHO self, a.g.v hul handtering van Covid 19. Ek sal verbaas wees dat hierdie kommentaar en ander nie geblok word nie, want die media is ook skuldig. Mens moet dalk vra waarom Phizer by die hof aansoek gedoen het om ressulate van sy “trails” te blok vir 70jaar. Waarom moes die regering Phizer en ander vrywaar om nie gedagvaar te word in geval van newe effekte.

Truth2bfree ·

My jongste sussie het uiters siek geword & al haar woordeskat verloor na die DPT ent op 18 maande. Sy het nagte omgeskreeu en was nooit weer dieselfde nie. Vandag is sy outisties en het voltyds sorg nodig.

Johan ·

My broer (32) het sy gehoor totaal in een oor verloor enkele dae na die C19 vax…as die virus nie dodelik is nie, bly weg!

piet ·

Ek weet van mense wat dood is aan Covid omdat hulle te hardkoppig was om in te ent. Ander het weer ernstig siek geword en het gelukkig net-net deurgetrek. Nie slim om met jou lewe dobbelspel te speel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.