Die weermag sal na verwagting binnekort ʼn “groot aankondiging” maak nadat protesteerders weer eens die strate ingevaar het.
Mumtaz News en Al Arabiya het Donderdagoggend berig die internasionale lughawe in Kartoem is gesluit, die weermag het die nasionale televisie- en radio-uitsaaier oorgeneem en verskeie top-leiers is glo in hegtenis geneem. Volgens dié berigte is die weermagleiers tans besig om agter geslote deure te vergader.
Hierdie jongste verwikkelinge kom nadat Ahmed Khalifa al-Sjami, ʼn woordvoerder van die Soedannese gewapende magte, Woensdag ʼn verklaring teruggetrek het waarin hy gesê het ʼn besluit om betogers wat buite die weermag se hoofkantoor betoog gewelddadig uitmekaar te jaag is gekanselleer.
Basjir het die veiligheidsmagte opdrag gegee om die massabetogings te beëindig wat oor die naweek begin het. Militêre leiers het egter Basjir afgeraai om dié roete te volg uit vrees dat dit tot wydverspreide lewensverlies kan lei.Intussen het junior offisiere met veiligheidsmagte gebots terwyl hulle probeer het om betogers van die weermag te beskerm. Dit het tot talle sterftes gelei, baie daarvan lede van die veiligheidsmagte.
Die regering en sy alliansiepartye het ook ʼn veldtog wat vir vandag beplan was gekanselleer. Die veldtog genaamd “Soedan Sekuriteit en Stabiliteit” sou naby die presidensiële paleis gehou geword het. Basjir sou die skare by die Al-Shuhadah-tuin toespreek, etlike kilometer van die weermag se hoofkwartiere.
Die veldtog is egter op die nipper gekanselleer toe die betogings buite beheer begin raak het.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
11 Kommentare
Weermag het reeds aankondiging gemaak.
Euforia hier op strate, baie groot weermag verteenwoordiging oral tans. Lt. Gen. Imaad Adawi voormalige Army Chief of Staff is tans in beheer. Geen nuus oor Bashir egyer sover, vlugte land wel en Saudi airlines nou net opgestyg. So hard gebid en hou aan bid vir die Sudanese. Ongelooflike mense. Tasgot bas!
Blaas my siel, en toe gebeur dit nou in die verkeerde land.
Hou die pers en nuus dop El Bashir is weer oppad om in SA op die belasting betaler se koste te kom rus soos al die amder mense regte onderdrukkers
Ek is seker daar is plek in Nkandla vir hom want Zuma is mos sy beskerm engel
… en ook vir Omar se oliegeldjies want hy is mos ‘n Zuma-liefie. Tensy Swaziland nog plek in sy kluis het. Die ongeluk met sulke trommels is dat ander handjies nie uitbly nie en geen hof genader kan word om dit terug te kry nie. Switserland is ‘n ou kalant wat die truuk ken.