Tronkstraf, houe vir Iranse popster wat teen verpligte hoofbedekking betoog

Die popsanger Mehdi Yarrahi is tronkstraf opgelê vir ‘n “onwettige liedjie” oor hoofbedekkings. (Foto: Mehdi Yarrahi/X)

ʼn Iranse hof het die popsanger Mehdi Yarrahi tot tronkstraf en 74 houe gevonnis oor ʼn liedjie waarin hy vroue aanmoedig om hul verpligte hoofbedekking te verwyder.

Yarrahi se prokureur, Zahra Minouei, sê die revolusionêre hof van Teheran het Yarrahi “altesaam twee jaar en agt maande tronkstraf opgelê” nadat hy op verskeie aanklagte skuldig bevind is.

Volgens Iranse wetgewing word tronkstraf gelyklopend uitgedien, wat beteken dat Yarrahi ʼn jaar agter tralies sal wees, het Minouei bygevoeg.

Die 42-jarige sanger is in Augustus verlede jaar in hegtenis geneem vir die verspreiding van ʼn “onwettige liedjie” wat die “morele waardes en gebruik van die Islamitiese samelewing uitdaag”. Hy is eers in Oktober verlede jaar op borgtog vrygelaat.

Yarrahi het kort voor sy inhegtenisneming die enkelsnit getiteld “Roosarito” bekend gestel. In Farsi beteken dit “jou hoofbedekking”.

Die lied is ter ondersteuning van ʼn protesbeweging oor Mahsa Amini (22) wat in aanhouding dood is vir die beweerde oortreding van die Islamitiese republiek se streng reëls oor kleredrag wat vereis dat ʼn vrou se kop en nek bedek moet wees.

ʼn Video van drie minute is saam met die bekendstelling van “Roosarito” bekend gestel en het vroue se reg om te kies of hulle die kopdoek wil dra of nie ondersteun. Die liedjie is ook opgedra aan die “moedige Iranse vroue” wat by die protesbeweging in 2022 betrokke was.

Nog ʼn liedjie van Yarrahi, “Soroode Zan”, vertaal as “vrouelied”, wat in Oktober 2022 bekend gestel is, het veral ʼn proteslied op universiteitkampusse geword.

Yarrahi kritiseer herhaaldelik die owerhede tydens sy konserte, veral vir diskriminasie in sy etnies diverse suidwestelike tuisprovinsie Khuzestan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johann ·

Ja wel hiers n paar liedere in ons eie RSA wat ook ‘n paar houe verdien.

Nommer 7 ·

So ook het Roya Heshmati verlede week 74 houe gekry omrede sy nie ‘n kopdoek gedra het nie. Hierdie mense leef nog in die jaar 600nc, die tyd toe die quran gesryf was!

Grassie ·

Ek hoop die arme man oorleef die lyfstraf. Ek wonder of die mense in Europa weet wat hulle doen wanneer hulle miljoene moslems toelaat om in hul lande te vestig. Hul nageslag gaan hulle nog eendag ernstig verwyt.

Waarheid ·

Naledi pandor, waar is jy nou?? Dis mos julle vriende (Iran) wat geslags apartheid goedkeur.

ES ·

Wanneer geloof basiese menseregte ontneem is dit nie meer geloof nie maar radikale beheer van mense se lewens en doene en late onder die dekmantel van “geloof”.

Hoekom sou die Skepper ons skape op die wyse waar ons poedel-nakend in die lewe gebring word net sodat ons onsself van kop tot tone moet bedek sodat ‘n ander persoon nie moet aanstoot neem of jou begeer nie? Loutere waansin.

koos10 ·

Ek sukkel om die te oordink. Aan die een kand is dit totaal absurd, maar dan weer is dit juis weer die hoeksteen van die Islam geloof. Bygese, as jy nie met die geloof saamstem nie, dan klim jy van die wa af, jy daag nie die uit wat verder wil ry nie.

Olive ·

Dis nou ‘n idee. As die doodstraf nie hier terug sal kom nie, dan maar pak slae. Die hoeveelheid houe wat jy dan kry per week, is gelyk staande aan die aantal dae wat jy oorhet in die tjoek. Dit sal darem minder word soos die tyd aanstap. Laat hulle buk!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.