Trump se grootste teenstander kondig kandidaatskap aan

Ron DeSantis, goewerneur van die deelstaat Florida. (Foto: CHANDAN KHANNA / AFP)

Die goewerneur van Florida, Ron DeSantis, het Woensdag sy presidensiële veldtog vir 2024 van stapel gestuur en onderneem om Amerikaners in “’n nuwe era van sukses te lei en vir hul vryhede te veg”.

Maroela Media het vroeër berig dat DeSantis, ook ʼn Republikein, oudpres. Donald Trump se grootste teenstander sal wees indien hy weer as president in die VSA se 2024-verkiesing sou staan.

Steun vir Trump het boonop reeds aansienlik afgeneem en kan nog verder in die hek duik namate sterker kandidate na vore tree – soos die uiters gewilde DeSantis.

DeSantis se beplande bekendstellingsgeleentheid in samewerking met Elon Musk het egter ʼn paar bloutjies geloop – onder meer tegniese probleme met ʼn regstreekse uitsending op Twitter waar meer as 400 000 mense gewag het om na die aankondiging te luister.

Musk het self bontgestaan en die skuld vir die probleme op die groot aantal mense aanlyn gepak wat groot druk op die netwerk geplaas het.

Nadat die video van die aankondiging uiteindelik op Twitter gespeel het, het hy aangekondig “ek is Ron DeSantis en ek staan vir president om ons groot Amerika tot terugkeer te lei”.

Die Demokratiese Joe Biden-kamp was vinnig om op die aankondiging – en tegniese probleme – te reageer en het ʼn skakel na hul eie fondsinsamelingsbladsy getwiet wat eenvoudig gesê het: “Hierdie skakel werk”.

Die voorverkiesings vind in die eerste helfte van 2024 plaas. DeSantis is in November vanjaar met 60% van die stemme tot goewerneur van Florida herkies. Dit is die grootste oorwinning vir ʼn goewerneur van dié deelstaat in byna 50 jaar. Selfs Demokrate in Florida het vir hom gestem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Samuel ·

Wel, ek hoop nie een van die twee, Biden óf Trump word weer president van die VSA nie. Hulle is uitgedien.

Gaitsigubib ·

Ek mag nie van jou verskil nie George dan kom ek onder sensuur. Hierdie is blykbaar nie die plek om op n gesonde wyse van mekaar te verskil nie. Ek wys jou dan maar daarop dat almal van die VSA na Florida. Ek is wel n Trump ondersteuner.

George ·

As jy kyk na getalle, meeste gaan tree af daar, al van die 80s af. Jongeres verhuis na of Carolinas of na Texas toe.

Yolandie ·

Net so Harley, Trump bly baas. Biden gaan dit definitief nie maak om homself weer verkiesbaar te stel nie, maar die demokrate het ook niemand anders om op terug te val nie. So exciting times ahead.

Hendrik ·

Wat bedoel julle “Trump bly baas”? Die hopelose Biden het dan vir Trump uitgeskop :-)

Hendrik ·

Hoekom? Lyk my jy wil hê Biden moet hom weer pakgee? Ons soek regtig nie weer ‘n Demokratiese president nie, so ek hoop regtig DeSantis wen!

Hendrik ·

Jy is seker nie ernstig nie – Trump se grootste groep ondersteuners is blou-boortjie wit mans. Onder mense wat tersiêre opleiding het is sy steun maar baie swak. Alles gaan vir hom oor sy persoonlike brand – kyk maar net na daardie belaglike kaarte wat hy verkoop waar sy gesig ge-photoshop is op super-helde se lywe.

Thom ·

Ek hoop regtig dat Trompie sal wen __ met hom is die Demokrate verseker van nog n oorwinning en bly die VSA langer uit die duisternis van die regses uit .

Gaitsigubib ·

Yes, die demokrate moet wen anders gaan die verregses die oorlog in Oekraine wil stop en dit wil mens mos nie he nie. Nog meer kinders moet ook aan critical race theory en chemise kastrering onderwerp word- klink na n goeie plan!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.